Jy is hier >   Oorde > Weskaap > The Baths Warmbronne
Register   |  Teken aan

The Baths Warmbronne

 
 



Aanskou The Baths Warmbronne in 'n groter kaart

TEL: 022 921 8026
E-POS: reservations@thebaths.co.za
URL: www.thebaths.co.za
GPS: S32 44.042 E019 02.452

Natuurlike warmwater bronne (43ºC) - slegs 2ure se ry vanaf Kaapstad geleë op ons sitrusplaas in die skilderagtige Olifant Riviervallei, naby Citrusdal in die Weskaap. The Baths, spog met ou victoriaanse geboue wat in 1739 opgerig is. Die Oord is meer as 100 jaar in die huidige eienaars (agterkleinkinders van James MacGregor) se besit.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Kaapstad ry op die N7, 185km noord. Neem die Citrusdal afdraai na regs en ry aan vir 1km en draai dan weer regs. Ry aan vir 16km tot by ons oord. Goeie pad aanwysigings word maklik gevolg.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons het 20 kampeerplekke waarvan 10 kragpunte het. Die meeste kampeerplekke is skaduryk, maar daar is geen gras nie. Ons ablusies is netjies en silwerskoon.

 

AKTIWITEITE:
Lê rustig en ontspan in een van ons privaat warm mineraal baddens of swem in die publieke warm en koue water swembaddens. Stap een van ons drie staproetes en bespied die Olifants Riviervallei. Besoek die San rotstekenige of besoek die Namaqualand blommeprag in seisoentyd. Daar is 'n winkel op die perseel vir noodsaaklikhede, asook Mcgregors Restaurant wat gelisensieerd is en smullekker etes verkoop. Lê ‘n besoek af aan Citrusdal en ander naby-geleë en bekende Wes-kaapse dorpies.

 

VIR KINDERS:
Warm en koue swembaddens, pooltafels, trampolien, tennisbaan en speelterrein.

 

TARIEWE:
 

Periode
Volwassenes
Kinders
Naweke en skoolvakansies
R95
R45
Weeksdae (buiten skoolvakansies)
R75
R35

 
Kontak gerus die oord by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM BORREL IN ONS WARMBRONNE!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum