Jy is hier >   Oorde > Weskaap > Kleinplaas Vakansieoord
Register   |  Teken aan

Kleinplaas Vakansieoord

 
StarStarStarStar



Aanskou Kleinplaas Vakansieoord in 'n groter kaart

TEL: 044 272 5811, 086 509 3761
E-POS: kleinpls@mweb.co.za
URL: www.kleinplaas.co.za
GPS: S33 34.591 E 022 12.336

 

Kleinplaas is geleë by Oudtshoorn en is loopafstand van bekende restaurante. Beleef die Klein Karoo se onbeskryflike atmosfeer en natuurskoon van die Swartberg en Outeniquaberge. Oornag by ons op pad Kaap toe of geniet ‘n paar dae en verken die Oudtshoorn omgewing. Net die plek as jy Oudtshoorn vir die KK&K besoek.
 
 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Oudtshoorn volg die Baron van Reedestraat, hierdie is die hoofpad na die Cango Grotte. Afstand van die middedorp is 2km.  Hier sal jy Kleinplaas op die linkerkant sien.

Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - links onder op die kaart).

 

KAMPERING:
Ons 4-ster staanplekke onder groot bome beskik ook oor eie kragpunte en water aansluiting. Wassery beskikbaar en gemeenskaplike braai geriewe.

Stap deur die Cango Grotte, neem ‘n rit deur die beeldskone Swartberge, Meringspoort en Seweekspoort bergpasse. Besoek volstruisplase, wildplase en krokodilplase. Warmlug ballonritte beskikbaar. Besoek die nuwe kuns-, kaas-, sjokolade- en likeurroetes in Outdshoorn.
 
 

VIR KINDERS:
Swembad en als wat ons pragtige karoo kan bied.

 

TARIEWE:
Skakel die karavaanpark by bogenoemde nommers vir die nuutste tariewe.

  KOM BESOEK ONS FEESDORP!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum