Jy is hier >   Oorde > Weskaap > Keurboomslagoon Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Keurboomslagoon Karavaanpark

 
StarStarStar


TEL: 044 533 2567
E-POS: info@keurboomslagoon.co.za
URL: www.keurboomslagoon.co.za
GPS: S34º 02.08', E23º 22.26'

Keurboomslagoon karavaanpark is net buite Plettenbergbaai op die walle van die Keurboomsrivier.  Hierdie karavaan- en kampeerpark is die idiale basis waarvan jy al die wonders van die tuinroete kan besoek en geniet. Alhoewel Plettenbergbaai wêreld-beroemd is, het dit geslaag om nogsteeds sy vriendelike seedorpie-karakter te behou. Die pragtige natuurskoon en die gematigde klimaat stel jou in staat om 'n verskeidenheid aktiwiteite soos branderplankry, swem, snorkel en duik, staproetes en bergfietsritte, boot-ekskursies, visvang, golf en perdry te geniet. As jy egter moeg is en kom vakansie hou het ... kan jy ook rus!

HOE KOM JY DAAR:

 

 Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

KAMPERING:

Sodra jy by Keurboomslagoon karavaanpark ingang sien jy dadelik dat hierdie oord goed onderhou word en die vriendelike diens wat ontvang word, weerspieël die trots wat almal het wat hier werk. Die park het verskeie fasiliteite onlangs opgegradeer en kan beskou word as een van die beste karavaan en kampeer oorde langs die Tuinroete.

Die park het ongeveer 270 staanplekke waarvan 32 reg op die water lê, terwyl die res baie na aan die lagoon is. Dit is belangrik om 'n spesifieke staanplek te bespreek, veral oor Desember, aangesien die oord dan baie besig is. All die staanplekke is lowergroen met hulle eie kragpunte. Ablusie geriewe is skoon en sentraal geposisioneer om al die staanplekke te diens. Varswaterpunte is versprei deur die park en daar is vrystaande braaiers beskikbaar.

VIR KINDERS:

Díe familie bestuurde karavaanpark streef daarna om 'n veilige en vriendelike omgewing te skep waar kinders (en hulle ouers!) die buitelewe kan geniet. As die kinders moeg is vir die water (wat nie sommer gebeur nie) kan hulle lekker op die swaaie of klim en klouters baljaar. Daar is ook tennisbane wat beskikbaar is vir kampeerders. Kanoes en bote is beskikbaar om te huur.

Vir oud en jonk is daar verskeie besienswaardighede in die omgewing.  Gewilde uitstappies word gereeld onderneem en die volgende word aanbeveel:

  • Knysna Olifant Park
  • Bootritte en Visvang
  • Stormsriver avonture
  • Tree-top toere
  • Bungee spring
  • Monkeyland
  • Duik en snorkel
  • Bergfiets en perdry.

TARIEWE:
 

  • 'n Minimum van 14 dae word verlang vir besprekings wat Kers- of Nuwejaarsdag insluit.
  • 'n Minimum bespreking van 21 dae word verlang as beide Kers- en Nuwejaarsdag by jou vakansie ingesluit is.
  • As 'n spesifieke staanplek bespreek word moet jy 'n minimum van 10 dae bespreek.
 
ONS SIEN UIT DAARNA OM JOU TE VERWELKOM BY ONS STUKKIE KUS-PARADYS!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum