Jy is hier >   Oorde > Weskaap > Kango Bergoord
Register   |  Teken aan

Kango Bergoord

 

 

StarStarStar




Aanskou Cango Berg Oord in 'n groter kaart

TEL: 044 272 4506
E-POS: info@cangomountainresort.co.za
URL: www.cangomountainresort.co.za
GPS: S33 24.871 E22 16.683

Kango Bergoord is ‘n wegbreek berg-vakansie in die hartjie van die Klein Karoo. Weggesteek in ‘n lieflike vallei omring deur die majestueuse Swartberge en Koos Raubenheimer Dam, bring Kango Bergoord jou nader aan die natuur. Geleë net 25km vanaf Oudtshoorn en 10km van die welbekende Kango Grotte.

 

HOE KOM JY DAAR:
Van die N1 neem die N12 na Oudtshoorn. Vanaf die sentrale vekeersligte in Oudtshoorn neem die pad na die Kango Grotte. Ongeveer 22km verder kyk uit vir die Kango Bergoord aanwysigingsbord.

 
Gebruik ook ons Googlekaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons 70 ruim gelykstaande grasbedekte staanplekke is geleë op die oewer van die rivier waar die natuurskoon jou omvou. Elke staanplek is toegerus met sy eie kragpunt en waterpunte is naby geleë. Silwerskoon ablusie met wassery en opwasplek is opgerig vir die vakansiegangers se gemak. Daar is genoegsame warm water in die krane beskikbaar en ‘n nagwag verseker u van u veiligheid.

 

AKTIWITEITE:
Neem verskeie dagroete-uitstappies na naby geleë aktiwiteite soos die welbekende Kango Grotte met sy asemrowende en ongelooflike stalagtiet- en stalagmiet- formasies of vat ‘n rustige rit na die Rust-en-Vrede Waterval, Swartberg pas en ‘Die Hel”. Kango Bergoord is omring deur verskeie volstruis en krokodilplase. Vir die waaghalse probeer gerus volstruis ritte! Verskeie wyn-en staproetes is ook een van die vele maniere om die Klein Karoo beter te verken. Maak lyn nat vanaf die kant of soek ‘n voëltjie in die aangesig van die Swartberg reeks.

 

VIR KINDERS:
3 x Speelparke, 3 x swembaddens, putt-putt, trapbootjies en  “volley ball”.

 

TARIEWE:
 

Periode
*Tent staanplek: sonder krag
**Ekstra persone
Buite seisoen
R125 per tent per nag
R20 per persoon per nag
In seisoen
R130per tent per nag
R20 per persoon per nag
 
*Karavaan / tent staanplek met krag
 
Buite seisoen
R145 per karavaan/tent per nag
R20 per persoon per nag
In seisoen
R150 per karavaan/tent per nag
R20 per persoon per nag

 * (1-4 persone, dieselfde gesin)
** Ekstra persone in dieselfde gesin R20 per ekstra persoon per nag (maksimum 8 in die gesin)
 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  Kom kamp by die Kango!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum