Jy is hier >   Oorde > Weskaap > Island Lake
Register   |  Teken aan

Island Lake

 
StarStarStar


TEL: 044 877 1194
E-POS: info@islandlake.co.za
URL: www.islandlake.co.za
GPS: S33°59'16'', E22°38'08''

Die Island Lake karavaanpark is op die Tuinroete, in die Wildernis Nasionale Park gebied geleë, en is aangrensend aan die Eilandvlei meer.  Die park is 20km van George en Sedgefield en 47km van Knysna.  Die park is baie naby aan die Wildernis dorp geleë, waar bekende restaurante, wegneem eetplekke, supermarkte en vermaaklikheid gevind kan word. Island Lake is die ideale wegbreek fasiliteit vir jou jaarlikse vakansie, of net om daar oor te bly wanneer jy op reis is.

 

HOE KOM JY DAAR:

RIGTING AANWYSINGS:
Op die N2 snelweg tussen Wildernis dorp en Sedgefield neem die afrit na Hoekwil, en volg die rigting aanwysings na die kamp. Die park is direk langs die Eilandvlei meer, en aangrensend aan die dagkampeergebied van Parkeraad geleë.
 
U kan ook gebruik maak van die "Google" kaart, soos op hierdie bladsy aangedui, en kliek op die karavaan simbool, om jou roete tot in die Park te beplan.

 

KAMPERING:
Die ablusie fasiliteite word op 'n deurlopende basis skoongemaak en onderhou, en is altyd in 'n netjiese toestand. Daar is altyd voldoende warm water beskikbaar wat 'n aanwins is vir enige karavaampark. Daar is netjiese opwas en wasgeriewe beskikbaar met muntgedrewe wasmasjiene, asook 'n droogwerf. Daar is wel persone beskikbaar wat strykwerk vir hulle eie rekening onderneem, indien dit benodig word. Daar is ook beperkte gratis vriesgeriewe beskikbaar wat met die bestuur gereël kan word.

VIR KINDERS:

Die meer wat direk aan die park grens, bied die ideale veilige speelplek vir kinders. Daar is ook oop grasbedekte speelplek, klimraam en "volleyball" beskikbaar vir hulle vermaak.
 
BESIENSWAARDIGHEDE:
As gevolg van die sentrale ligging van die karavaanpark is daar verskeie interessante aktiwiteite en besienswaardighede in die onmiddellike omgewing:
 
·         Knysna Olifantpark
·         Volstruisplaas
·         Wildernis Nasionale Park - verskeie staproetes
·         Plettenbergbaai
·         Kango grotte
·         Kango Wildlewe Sentrum
·         Knysna Heads
·         Gholf bane soos Kingswood Golf Estate
·         Monumente
·         Duik en Snorkel geleenthede
·         Vuurtorings
·         Bekende Hangsweef geleenthede

 

TARIEWE:
Alle pryse sluit 14% BTW in. "n Maksimum van 6 persone per staanplek word toegelaat. Die basiese tarief sluit gratis ingang van een motor en boot in. Vir elke ekstra motor is 'n addisionele fooi van R20 per dag betaalbaar. Slegs twee motors per staanplek.  'n Terugbetaalbare R50 deposito is betaalbaar vir 'n hek sekuriteitsskyfie.

Tariewe vir 2010 - 2011 is as volg: 

Periode
Tarief
13/01/2010 - 25/03/2010
R 175.00
Ekstra per persoon vanaf die 3de persoon 
R 25.00
26/03/2010 - 11/04/2010
R 240.00
Ekstra per persoon vanaf die 3de persoon
R 35.00
12/04/2010 - 02/05/2010
R 175.00
Ekstra per persoon vanaf die 3de persoon
R 25.00
03/05/2010 - 31/08/2010
R 160.00
Ekstra per persoon vanaf die 3de persoon
R 20.00
01/09/2010 - 09/12/2010
R 175.00
Ekstra per persoon vanaf die 3de persoon
R 25.00
10/12/2010 - 18/01/2011
R 380.00
Ekstra per persoon vanaf die 3de persoon
R 40.00
19/01/2011 - 20/04/2011
R 185.00
Ekstra per persoon vanaf die 3de persoon
R 30.00
21/04/2011 - 02/05/2011
R 260.00
Ekstra per persoon vanaf die 3de persoon
R 40.00
03/05/2011 - 31/08/2011                  
R170 .00
Ekstra per persoon vanaf die 3de persoon 
R20 .00
 
 

KOM KUIER HIER BY ONS IN DIE WILDERNIS!!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum