Jy is hier >   Oorde > Weskaap > Glentana Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Glentana Karavaanpark

 
StarStarStar



TEL: 044 879 1536, faks 0866172117
E-POS: info@glentanaresort.co.za
URL: www.glentanaresort.co.za
GPS: S34 03.00’ E022 18.48’

 

Die kalmte van spierwit strande en skilderagtige staproetes van Glentana bied die vakansieganger ‘n rustige wegbreek van die stadsgejaag. Glentana is geleë tussen Mosselbaai en George op die Tuinroete en die naam “Sleepy Hollow” spreek boekdele oor die pragtige natuurskoon van die area. Op die strand in die rigting na Outeninqua mag jy dalk ‘n “Pansy” skulp optel of ‘n stappie in die oostelike rigting sal jou na ‘n ou skeepwrak neem.
 
 

HOE KOM JY DAAR:
Neem die Glentana afrit op die N2 vanaf Mosselbaai of George en volg ons padtekens.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING: 

Ons 48 grasgroen standplekke reg op die strand spog elkeen met ‘n eie kragpunt en naby geleë waterkraan. Uiters moderne bad en stort geriewe, opwas en wassery is net nog ‘n paar van ons fasiliteite wat jou verblyf by ons aangenaam sal maak.  Internasionale erkende gholfbane is ook naby geleë.  ‘n Besoek aan Oudtshoorn of Mosselbaai verskaf ‘n groot verskeidenheid aktiwiteite. Besoek die Nasionale Tsitsikamma Park en Steven Landman staproete. Neem ‘n rit op die Outeniqua Choo Tjoe.

 
 

VIR KINDERS:
Meer as genoeg strande om op te baljaar, abseiling, snorkel, skubaduik.  Muurbal en tennisbane is naby.

 

TARIEWE:
Skakel gerus die oord by bogenoemde kontakbesonderhede vir meer inligting. of besoek ons webtuiste.

KOM GENIET ONS SLEEPY HOLLOW!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum