Jy is hier >   Oorde > Weskaap > Carmel by the Sea
Register   |  Teken aan

Carmel by the Sea Karavaanpark

 
 


TEL: 044 889 0019
E-POS: reservations@carmel.org.za
URL: www.carmel.org.za
GPS: S34° 00' 2.25'', E22° 32' 1.20''

Carmel by the Sea is 'n Cristelike Bedieningsaksie wat alreeds in 1954 deur Jack en Kaye Edkins van stapel gestuur is. Die doel is om 'n veilige bestemming te skep wat die geleentheid vir fisiese rus en emosionele- en spirituêle-herlewing bied vir alle gaste, ongeag kultuur of denominasie.  

Die Carmel by the Sea karavaanpark is geleë in die hartjie van die bekende Tuinroete. Die heuwels rondom Carmel is ootrek met van ons land se beste fynbos,  met 'n pragtige uitsig af op Victoria Baai.  Die park is nie net  uitstekend geleë vir stappers en voëlkykers nie maar ook vir diegene wat die strand verkies.

HOE KOM JY DAAR:
Neem die N2 snelweg tussen George en Wildernis en draai af op die Victoria Baai pad, 8 km oos van George.  Let daarop dat daar geen Carmel bordjies op die N2 snelweg verskyn nie.  Ry vir een kilometer op die Victoria Baai pad en draai dan regs af na Carmel. 

KAMPERING: 
Die rustige karavaanpark skep 'n plaas atmosfeer en het 'n asemrowende uitsig oor die Outeniqua berge. Die sonsondergange wat jy hier sien, word lank onthou. Die park beskik oor goed toegeruste ablusie-, opwas- en wasgoedwas-fasiliteite.  Gaste kan gebruik maak van al die fasiliteite wat aangebied word en heerlike etes kan geniet word met voorafbespreking by die Carmel eetkamer. Al 22 staanplekke het mooi grasperke en elektrisiteit word voorsien.

Die tariewe is gebaseer op 'n gesin van ses persone per staanplek.  'n Tarrief is betaalbaar vir elke addisionele persoon.

VIR KINDERS:
Die mammas en pappas moet ook rus en daarom is daar verskeie fasiliteite om die kinders besig te hou as hule nie lus is om Victoriabaai toe te gaan nie. Van die fasiliteite sluit in 'n klim en klouter,  swembad, tennisbaan, potbal, tafeltennis, stap roetes, bord spelietjies, krieket en vlugbal.

Gedurende Paasnaweek, Junie/Julie en Desember vakansies word vakansieprogramme aangebied wat die kinders besig hou.

TARIEWE:
 

Datum
12 Des ‘09 tot
9 Jan '10
10 Jan '10 tot
10 Des '10
11 Dec '10 tot   20 Jan ‘11
20 Jan ‘11 tot
31 Jan '11
Staanplek
(2 persone)
n/a
R 125
n/a
R 125
Staanplek
(4 persone)
R 350
R 180
R 350
R 180
Tarrief per persoon na 4 persone
R 35
R 25
R 35
R 25

 
DEEL IN DIE HELENDE LIEFDE VAN CHRISTUS TERWYL JY BY ONS RUS.

 

  

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum