Jy is hier >   Oorde > Weskaap > Buffelsbaai Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Buffelsbaai Karavaanpark

 
StarStarStarStar



TEL: 044 383 0045, faks 0866172117
E-POS: info@buffalobay.co.za
URL: www.buffalobay.co.za
GPS: S34 5.348’ E022 58.571

 

Welkom by Buffelsbaai – al vir jare Suid Afrikaners se gunsteling karavaanpark. Hierdie familie vakansie toevlugsoord verskaf aan die karavaner en kampeerder puik staanplekke reg op die strand. Buffelsbaai is so te sê omring deur golwe en is in die Goukamma Marina Reservaat, op een van ons mooiste skiereilande. Slaan jou tent of karavaan op op die deurdrumpel van die Indiese Oseaan.
 
 

HOE KOM JY DAAR:

Ry omtrent 10km uit Sedgefield, of vanaf Knysna, en neem die Buffelsbaai afrit by die spoorbrug. Ry ‘n verdere 8km tot op die strand.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
 

Die karavaanpark het 85 karavaan staanplekke, die meeste met 'n pragtige uitsig oor die see.  Elektriese kragpunte, wateraansluiting en uiters moderne ablusie, opwas en wassery maak die besoek ‘n gerieflike ervaring. Die gelisensieerde supermark, en restaurant is loopafstand en boot entoesiaste sal in hul skik wees met die naby geleë insleephelling.
 
Knysna is slegs 20km vêr geleë.  Die Kango Grotte, Oudsthoorn en verskeie ander vermaak in en om Buffelsbaai sal jou en jou familie baie pret verskaf. Rolbal en gholfbane is ook beskikbaar.
 
 
VIR KINDERS:
Visvang, groot oop strande, snorkel, skubaduik, muurbal en tennisbane is naby.

 

TARIEWE:
Kontak ons kantoor vir ons tariewe of besoek ons webtuiste.

 

  DIE GUNSTELING VAN MENIGTE!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum