Arch Rock Karavaanpark - Keurboomstrand

 
 



Aanskou Arch Rock Karavaanpark - Keurboomspruit in 'n groter kaart

TEL: 044 535 9409
E-POS: info@archrock.co.za
URL: www.archrock.co.za
GPS: S34 00.162 E23 27.649

Arch Rock Karavaanpark is geleë in die hartjie van die Tuinroete op die Keurboomstrand met asemrowende uitsigte oor die warm Indiese Oseaan, Plettenberg Baai, sowel as Robberg Skiereiland. Die oord is welgeleë in die berge onder ‘n afdak van weelderige bome.

 

HOE KOM JY DAAR:
Neem die N2. Arch Rock Karavaanpark is geleë 15km buitekant Plettenberg Baai in ‘n oostelike rigting, rigting Port Elizabeth. Die Keurboomstrand afdraai vanaf die N2 is geleë oos van die Keurboomrivier Brug en direk oorkant die “Thyme & Again” Padstal. Vanaf die N2 is daar padaanwysingsborde vir 5km wat jou die pad aanwys tot by die Keurboomstrand dorpie.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
21 pragtige karavaan en tentstaanplekke onder groot Melkhoutbome. Elk toegerus met ‘n kragpunt en braaigeriewe. Pragtige ablusieblok wat daagliks skoongemaak. ‘n Wassery is ook beskikbaar.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Net 15min se ry vanaf Arch Rock Karavaanpark oppad na Port Elizabeth op die N2 vind jy die ‘Crags” met sy vele aktiwiteite. Daar kan jy besoek aflê by die “Birds of Eden”, met sy reputasie as een van die grootste vryvlug voël toevlugsoorde in die wêreld. Besoek ook “Monkeyland” regs langsaan, of die Olifant Toevlugsoord waar jy saam met die olifante kan loop of ry. Dan is daar ook die Slang- en- Wolf Toevlugsoorde en die nuwe “Tenikwa Wildlife Awareness Centre”. Vir die meer avontuurlustige vakansieganger is daar rekspring vanaf die Bloukrans Brug, die hoogste in die wêreld en “Canopying” by die Stormrivier dorpie. Of geniet sommer net ons mooi strand, loop na die “Arch Rock” en “Cathedral Rock” formasies en ook die nuut ontdekte Strandloper Grot. Geniet ‘n glasie wyn en ligte middagete by ons eie wynplaas, Bramon. Skilderagtige bootritte kan geneem word op die Outeniekwa Tjoe Choo.

 

VIR KINDERS:
Natuurlike rots poele. Selfde as bo.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM KUIER ONDER ONS MELKHOUTBOME!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum