Jy is hier >   Oorde > Vrystaat > Shumba Valley Gasteplaas
Register   |  Teken aan

Shumba Valley Gasteplaas

 
 



Aanskou Shumba Valley Gasteplaas in 'n groter kaart

TEL: 058 223 0277 of 072 227 6752
E-POS: barmour@worldonline.co.za
URL: www.shumbavalleyfarm.co.za
GPS: S28 41.474 E28 09.458

Shumba Valley Gasteplaas is in die Brandwater Kom geleë met asemrowende uitsigte op die Malutiberge. Hierdie gasteplaas is die ideale uitkamp plek vir kunstenaars, avontuurlustige gaste, natuurliefhebbers en voël-entoesiaste.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Bloemfontein ry 35km op die R26 na Fouriesburg. By die Groot rivier afdraai, draai regs af op die S293. Kyk uit vir die Shumba Valley aanwysigingsbord. Ry 3km op 'n goeie grondpad, volg die Shumba Valley aanwysigingsborde.

Vanaf Gauteng ry verby Fouriesburg. Ry op die R26 na Ficksburg vir 9km, draai links op die S293 en volg bogenoemde aanwysigings tot by Shumba Valley.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons “Top camp” grasgroen staanplekke kan 26 gaste huisves en ons nuwe Boskamp kan 40 gaste akkommodeer. Albei kampe beskik oor heerlike warm water, uiters skoon ablusie en opwas geriewe.   Staanplekke onder groot koeltebome met pragtige uitsigte.

 

AKTIWITEITE:
Verken die dinosourus-voet staproete en verskei ander staproetes, speel gholf op 3 naby geleë gholfbane (40km verder), besoek die Golden Gate vir ‘n wildrit en Clarens, of geniet een van ons talle besoeke aan Lesotho. Uitdagende 4 x 4 ritte, berg fietsry, “Quad biking” of twee wiel motorfietse. Daar is ook 'n vliegveld vir “Microlights” en "Gyro's" beskikbaar. Verskeie 4 en 5 dae perdry roetes is beskikbaar. Verken ons wonderlike asemrowende klowe, berge en dale op die rug van ons edel vriend - die perd.

Vir die vrouens – ons kliniese Gesondheidsdeskundige sal julle vermaak met gesonde kookwenke en ook hoe om julle eie onweerstaanbare sjokolade te maak.

 

VIR KINDERS:
Staproetes, fietsry en avontuur aktiwiteite.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM KAMP AAN DIE HANGE VAN DIE MALUTI-BERGE!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum