Jy is hier >   Oorde > Vrystaat > River of Joy
Register   |  Teken aan

River of Joy

 
 



View River of Joy in a larger map

TEL: 051 861 2039
E-POS: riverofjoy@absamail.co.za
URL: www.sa-venues.com/visit/riverofjoy
GPS: S28 57.776 E26 20.734

River of Joy net buite Bloemfontein is die ideale halfpad stop vanaf Johannesburg Kaapstad toe. Geleë op die oewer van die Modder Rivier bied ons ‘n gerieflike rusplek en ook vakansie bestemming vir langer besoeke.
 
 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Bloemfontein ry 25km Noord en draai links by die Glenafrit R213. Draai regs by die eerste afdraai en volg die River of Joy aanwysings.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!
 
 

KAMPERING:
Ons gras staanplekke onder koeltebome het elkeen sy eie kragpunt. Ablusie is uiters netjies en skoon en wassery is ook beskikbaar.

 

AKTIWITEITE:
Hoogtepunte van jou besoek sluit kanoeritte op die Modder Rivier in, of maak ‘n vislyn nat. Lê ‘n besoek af aan die Bloemfontein Dieretuin of besoek die soutpanne waar sout ontgun word deur hulp van windmeule. Besoek die historiese Boereoorlog slagvelde. Speel ‘n rondte gholf by die Schoeman Park Gholfbaan.

 

VIR KINDERS:
Swem in die rivier, trampoline en visvang.

 

TARIEWE:
2 Persone                                R150.00 per kampeerplek per nag

Addisionele Persoon               R25.00 per addisionele persoon per nag

Additsionele Kind                     R15.00 per addisionele kind per nag
 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM GENIET ONS PRAGTIGE UITSIG!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum