Jy is hier >   Oorde > Vrystaat > Reyneke Park
Register   |  Teken aan

Reyneke Park

 

StarStarStarChalets

StarStarStarKaravaan Park




Aanskou Reyneke Park in 'n groter kaart

TEL: 051 523 3888/9 - Alle ure
FAKS: 051 523 3887
E-POS: info@reynekepark.co.za
URL: www.reynekepark.co.za
GPS: S29 08.116 E26 08.400

Reyneke Park is ‘n veilige pitstop tussen Kaapstad en Johannesburg. Oornag by ons, herlaai jou battery en berei jou voor vir die lang tog vorentoe of ontspan hier by ons vir 'n heerlike vakansie. Beleef die gasvryheid van hierdie Vrystaatse-familieoord soos net Reyneke Park dit kan aanbied.

 

HOE KOM JY DAAR:
Ry na Bloemfontein op die N2 tot waar dit met die N8 kruis. Neem die N8 waar hy kruis met die R48 en ry in ‘n westelike rigting na Petrusburg. Ry vir 2.5km aan, en draai links in Brendarstraat. By die 2de ingang draai links en ry in Reyneke Park vas.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons beskik oor 40 karavaan- en 20 tentstaanplekke. Elk toegerus met 'n kragpunte en braaiarea. Uiterse netjies ablusie met opwasgeriewe is sentraal geleë.

 

AKTIWITEITE:
Reyneke Park is ‘n klip gooi weg van die “Rosestad”,  Bloemfontein geleë. Bloemfontein met sy besige sosiale- en kulturele-kalender bied iets vir elke vakansieganger. Lê besoek af by die verskeie natuurreservate, met hul perfekte ligging en klimaat vir die “Groot 5”, die dieretuin en die Loch Logan Waterfront met sy vlooimark. Moeg vir die rumoer van die stad - geniet ‘n rustige dag. Bewonder die  Vrystaatse sonsondergang.

 

VIR KINDERS:
Swembad, trampoline, pooltafel.

 

TARIEWE:

Kampplek
Tarief
Ekstra persone
Karavaan / Tent / Tent met voertuig
R200 per nag (maks 5 persone
R50 elk per persoon
Waentjie
R15 per nag
 
2de Voertuig
R15 per nag
 

 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  DIE IDIALE OORNAG OPPAD KAAP TOE OF TERUG!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum