Jy is hier >   Oorde > Vrystaat > Little Rock Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Little Rock Karavaanpark

 
 



Aanskou Little Rock in 'n groter kaart

TEL: 051 924 0260 of faks: 0865387305 (Elmarie Rossouw)
E-POS: littlerock@vodamail.co.za
URL: www.littlerock-resort.co.za
GPS: S 29.2027 E 27.4449

 

Little Rock Oord is geleë in ‘n klein woud vallei, omring deur berge en slegs 3km van Ladybrand af. Die eienaars bied jou vriendelike gasvryheid en hulle is ter aller tye beskikbaar op die perseel om jou verblyf uiters aangenaam te maak.
 
 

HOE KOM JY DAAR:
N8 vanaf Bloemfontein neem die afdraai na Ladybrand. Draai links in Joubertstraat. By die T aansluiting draai regs in Collinsstraat, by die volgende T aansluiting draai links in Beetonstraat. 2de afdraai regs in Leliehoek en ry tot by die oord.

Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - links onder op die Google kaart).

 

KAMPERING:
36 grasperk staanplekke het elk ‘n eie kragpunt en 70% het skadu. Uiters netjies nuwe ablusie fasiliteite en wassery is beskikbaar. Die pragtige natuur bied jou ‘n groot verskeidenheid voël spesies, pragtige staproetes deur woude, vallei en watervalle. Kom geniet ‘n skemerkelkie by ons kroeg langs die swembad. Neem ‘n uitstappie na Ladybrand en besoek die museum en sandsteengeboue. Die grootste San rots skilderye is ook hier te sien. Rolbal en gholf is naby beskikbaar (nie in oord) vir die meer aktiewe vakansieganger.

 

VIR KINDERS:
Swembad, volleyball, trampoline, ponyritte en groot speelterrein.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om die nuutste tariewe te kry.

 

  Kom slaan jou karavaan se tent op!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum