Jy is hier >   Oorde > Vrystaat > Greystoke Avontuuroord
Register   |  Teken aan

Greystoke Avontuuroord

 
StarStarStar



TEL: 056 818 1214 / 082817 8345
E-POS: info@greystoke.co.za
URL: www.greystoke.co.za
GPS: S26 49’ 25.21” E27 39’ 54.31”

 

Indien jy ‘n vinnige wegbreek naweek nodig het, om te ontvlug van al die stadsgejaag besoek Greystoke Avontuuroord. Hierdie besonderse karavaan park is geleë op die oewer van die Vaalrivier. Pragtige groot skadubome, ‘n uitsig oor die rivier en die rustige bosveld atmosfeer sal jou besoek uiters aangenaam maak.
 
 

HOE KOM JY DAAR:
Geleë 12km NO vanaf Parys op die Vrystaat kant van die Vaalrivier. Draai af 3km oos van Parys op R59 na Sasolburg. Oorkant die Parys lugveld by die Vaal Eden padteken volg die Klein Paradys padteken vir 9km. Vanaf die N1 neem die R59 afrit na Parys, ry vir 17km en draai in die Vaal Eden Pad.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Die oord besit oor 21 karavaan en 17 tent staanplekke. Die karavaan staanplekke het elkeen sy eie kragpunt. Greystoke Avontuuroord bied ook kinder vakansiekampe en ons 96 bed slaapsaal is gemaklik ingerig. Verder beskik ons oor 10 selfsorg eenhede. Spanbou en kerkkampe word ook deur ons aangebied. Ons spog ook met ‘n groot saal, lapa en boma wat vir onthale gebruik kan word. Drie gholfbane is aangrensend aan Greystoke Avontuuroord.

 

VIR KINDERS:
Swembad, speletjiekamer met pooltafel, tafeltennis en veerpyltjies. Speelterrein. Staproetes en wild besigtigingsritte. Verskeie advontuur aktiwiteite.

 

TARIEWE:
Skakel die oord gerus by bogenoemde kontakbesonderhede.

 

  KOM GENIET DIE AVONTUUR!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum