Jy is hier >   Oorde > Vrystaat > Forever Resorts - Gariep
Register   |  Teken aan

Forever Resort - Gariep

 
StarStarStarStar



View Forever Resorts - Gariep in a larger map

TEL: 051 754 0045
E-POS: gariep@forever.co.za
URL: www.forevergariep.co.za
GPS: S30 35.49 E25 30.7

In die hartjie van die Vrystaat, sowat 200km vanaf Bloemfontein en oppad na die Kaap sal jy vir Gariep raakry. Aangewys as Dorp van die jaar 2010 is dit nie moeilik om te verstaan hoekom jy so ‘n bietjie langer hier wil aanbly wanneer jy die gasvryheid ervaar nie.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Johannesburg en Pretoria:

Neem die N1 Suid verby Bloemfontein. Draai links by die padaanwysing vir Gariepdam, Bethulie (R701) en Ventersdorp (R58). Volg die aanwysingsborde tot by Gariep.
 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
122 staanplekke met kragpunte waarvan 16 privaat ablusiefasiliteite het en die res deur een ablusieblok gediens word grens tot op die oewer van die Gariepdam. Ablusie en staanplekke word daagliks gediens en meeste staanplekke het gras en baie skadu. Daar is ook braaigeriewe en roosters beskikbaar : 1 braaier tussen 2 staanplekke.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Gariep oord is geleë op die oewer van Suid Afrika se grootste dam (374km²) en is enige water liefhebber se droom. Seil, ‘windsurfing” “jet skiing en kanoritte is net van die aktiwiteite asook visvang en voëlkyk vanaf die oewer. Vir die rustige natuurliefhebber is daar wildbesigtigings bootritte, ‘n besoek aan die natuurreservaat wat langs die oord geleë is en verskeie staproetes met wonderlike natuurtonele. Ander fasiliteite is: winkel, kroeg, restaurant, rolbal en piekniek areas.

 

VIR KINDERS:
Minigholf, tennisbane, vlugbal, koue swembad, speelparkie en vermaaklikheids program binne seisoen.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om inligting rakende tariewe te kry.

 

  DIE LEKKERSTE OORD LANGS DIE GROOTSTE DAM!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum