Jy is hier >   Oorde > Vrystaat > Eastco Parys Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Eastco Parys Karavaanpark

 
StarStarStar



Aanskou Eastco Parys Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 083 379 2872
E-POS: liezel@wdbs.co.za
URL: www.eastcoparys.co.za
GPS: Teks S25 49.535 E27 30.572   - Hierdie is net van toepassings as jy reeds op die R500 is anders neem die GPS jou na die anderkant van die rivier.

‘n Privaat geleë karavaanpark op die oewer van die Vaalrivier naby Parys in die Vrystaat. Geniet ons natuurskoon rivier omgewing en ontspan na hartelus. Eastco Parys Karavaanpark se gasvryheid verseker dat jou besoek aan ons net ‘n plesier sal wees.

 

HOE KOM JY DAAR:
Neem die N1 vanaf Gauteng en 35km na die Grasmere tolhek neem die Potshefstroom/Vanderbyl afrit en draai regs. Ry aan vir 11km en draai links in die Lindequiesdriftpad. Ry weer 11km en draai regs op die R500 na Parys. 4.5km verder kry jy ons aanwysingsbord.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons het 26 sementblad staanplekke, party onder skadunette en ander onder koeltebome of in die sonskyn. Elke staanplek het sy eie kragpunt, water en braai area. Ons ablusies is netjies en silwerskoon.

 

AKTIWITEITE:
Ontspan op die rivieroewer met ‘n vislyn in die water of met ‘n skemerkelkie in die hand. Vir die avontuurlustige vakansieganger is daar “white river rafting” nie te ver van die oord. Probeer kunsvlieg hengel of besoek een van die talle wildreservate in die omgewing. Ons groot aantal voëlspesies sal aan die voëlkyker ure se plesier verskaf. In Parys, slegs 13km ver geleë, is groot kettingwinkels en restaurante.

 

VIR KINDERS:
Speelterrein, visvang en swem.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om tariewe te kry.

 

  ONS IS OP DIE OEWER VAN DIE VAALRIVIER!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum