Jy is hier >   Oorde > Vrystaat > Dimalachite Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Dimalachite Karavaanpark

 
 



View Dimalachite Karavaanpark in a larger map

TEL: 056 818 1860 of 076 370 7580
E-POS: info@dimalachite.co.za
URL: www.dimalachite.co.za
GPS: S26 54.175 E27 22.062

Welkom by Dimalachite “The place to be”. Die vakansie-oord is geleë in die Vredefort Dome Wêreld Erfenis Gebied, gevorm deur die impak van die grootste en oudste meteoriet wat ooit die aarde getref het.

HOE KOM JY DAAR:

Vanaf die N1 Suid, neem die Parys afrit op die R59. Ry deur Parys oppad na Vredefort. 2km buitekant Parys, draai regs op die Schoemand’s Drift pad. Hou aan vir 7km (die laaste 4km is ‘n grondpad) en draai dan regs by die Dimalachite bordjie. Ons sal julle ontmoet by ons ontvangsarea.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

 

KAMPERING:

Die karavaanpark het 60 staanplekke op die rivier oewer. Eskom elektrisiteit (drie punt krag) en braaigeriewe. Opwasarea met warm en koue water. Die staanplekke is ± 10m x 10m en groter en tot 6 mense per staanplek word toegelaat. 30 Staanplekke is direk op die rivieroewer geleë, 10 staanplekke op die riviervoorkant, maar is nie geskik vir visvang en 20 staanplekke is in die 2de ry.

Meeste van die staanplekke het gras en bome vir skaduwee. Daar is 2 dames (een opgegradeer) en 2 mans ablusieblokke. Die geboue is oud, maar uiters netjies en word daagliks skoongemaak.

 

 

AKTIWITEITE:

Kom en ontspan. Dimalachite is vernoem na die Kuifkopvisvanger, enige voëlkyker se droom. Hul neste kan gesien word langs die oewer van die Vaalrivier omring deur water en asemrowende natuurtonele. Die roep van die Visarend kan ook van tyd tot tyd gehoor word. Doen ‘n bietjie visvang of vlieghengel, geniet die opwinding van “White river rafting” of speel ‘n potjie gholf op die 2 gholfbane geleë op ons voorstoep.

Sluit by ons aan vir ‘n sonsondergang rit op ons vlotte net voor sononder (min 4 persone) met versnappings voorsien. Parys is ‘n baie gewilde toerisme bestemming met verskeie kurio winkels en knus eetplekke. Daar is ‘n paar wildsplase in die gebied en terwyl jy deur die Koepel Bergland ry, is jy welkom om die Schoemanati Mampoer plaas te besoek. Venterskroon is ook ‘n interessante plek om te besoek en die omgewing beskik oor ‘n paar goeie staproetes in die berge. Laastens , een van die beste 4x4 roete is Suid Afrika is op ons drumpel.

 

VIR KINDERS:

Die kinders is welkom om hul fietse saam te bring, want daar is baie ruimte om te ry. Klimraam en baba swembad vir die kleintjies. Vir die groter kinders is daar ook ‘n swembad, “paintball: skyfskiet, “paintball” oorlog speletjies, pooltafels, quad-fiets ry saam ma en pa, visvang en kano roei op die rivier.

 

TARIEWE:
Vind tariewe vir die karavaanpark in die onderstaande tabel:  

  

Kampering

Persone / kampplek

Buite seisoen

Binne seisoen

Volw

Kind

3 tot 12jr

 

Tot

Hengel plek Totaal

Nie hengel plek Totaal

Hengel plek Totaal

Geen hengel Totaal

2

0

2

R285.00

R265.00

R330.00

R310.00

3

0

3

R345.00

R315.00

R390.00

R370.00

4

0

4

R405.00

R365.00

R450.00

R430.00

5

0

5

R465.00

R415.00

R510.00

R490.00

6

0

6

R525.00

R465.00

R570.00

R550.00

2

1

3

R325.00

R305.00

R370.00

R350.00

3

1

4

R385.00

R355.00

R430.00

R410.00

4

1

5

R445.00

R405.00

R490.00

R470.00

5

1

6

R505.00

R455.00

R550.00

R530.00

2

2

4

R365.00

R345.00

R410.00

R390.00

3

2

5

R425.00

R395.00

R470.00

R450.00

4

2

6

R485.00

R445.00

R530.00

R510.00

2

3

5

R405.00

R385.00

R450.00

R430.00

3

3

6

R465.00

R435.00

R510.00

R490.00

2

4

6

R445.00

R425.00

R490.00

R470.00

 

  KOM KAMP EN VANG VIS!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum