Yellow Forest Kampeerkamp

 
 



Aanskou Yellowwood Forest Kampeerkamp in 'n groter kaart

TEL: 043 841 1598 of 084 582 2601
E-POS: info@yellowwoodforest.co.za
URL: www.yellowwoodforest.co.za
GPS: S32 41.490 E28 20.023

Yellowwood Forest Kampeerkamp is ‘n unieke kampeerparadys geleë aan die Oostelike Wildekus. Kom kamp in ons rustige woudagtige kampeerkamp op die oewer van die Inchara rivier, omring met reusagtige bome en weelderige rivier- plantegroei.

 

HOE KOM JY DAAR:
Draai af by die N2 (regs as jy van die suide afkom en links vanuit die noorde) op die R349. Ry ± 40km tot jy die 2de Morgan Bay afdraai kry, net 3km voor Kei Mouth. Draai regs en onmiddellik weer regs. Ry afdraend op hierdie grondpad vir ± 2km. Na die 2de water oorgang vurk die pad deur bome. Ons is geleë onmiddelik op die linker kant by die groen padteken.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons 30 gelyk staanplekke, bied elkeen sy eie unieke ondervinding met skaduwee en grasperk. ‘n Begeleidingstoer met aankoms van die staanplekke word aangebied met ‘n keuse van 3 staanplekke om nes te skop vir die vakansie. Ablusie is sentraal geleë met opwas geriewe wat daagliks skoon gemaak word.

 

AKTIWITEITE:
Probeer een van die vele staproetes vanaf Yellowwood of verken die rivierbedding en woud. Daarna geniet iets te drinke in ons Tree-Pot Teetuin of smul aan ons bekende vegetariese pizza uit ons houtvuur pizza-oond. Ons groot verskeidenheid voëlspesies sal enige voëlkyker veel vreugde gee. Wandel na die dam vir ‘n swem of vang Bass (moet nie die visstokke vergeet nie!). ‘n Hoogtepunt is die rivier met sy duikgate, waar mens soos kleintyd groot “bommies” kan maak.

 

VIR KINDERS:
‘n Boomhuis met toue, valdeur en glybaan sal die kleingoed vir ure besig gou. Ook ‘n trampolien, sandput en hasie-park.

 

TARIEWE:
 

Tariewe
Kampplek
Persone
Buite seisoen
R85 per dag
R10 elk per persoon
In seisoen
R150 per dag
R15 elk per persoon
 
(6 persone per kampplek)
 
 
Elektrisiteit: R35 per dag
 
 
 
 

 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.
 
  KOM MAAK "BOMMIES" IN ONS DUIKGATE!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum