Jy is hier >   Oorde > Oos-Kaap > Yellow Sands Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Yellow Sands Karavaanpark

 
 



Aanskou Yellow Sands Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 043 734 3043 of 072 216 6833
E-POS: info@yellows.co.za
URL: www.yellows.co.za
GPS: S32 54.16 E28 04.25

 

Yellow Sands Karavaanpark is ‘n plek van ontspanning, vol pret en plesier vir die hele familie. Die Karavaanpark is omlyn met die pragtige Indiese Oseaan en die rustige Kwelera getyrivier en bied jou die beste van twee wêrelde.

 

HOE KOM JY DAAR:
Volg die N6 net na Bloemfontein deur Aliwal Noord, Jamestown, Queenstown, Cathcart, Stutteheim tot by Oos London. Aan die einde van die N6 is daar ‘n sirkel. Draai regs by die sirkel tot jy die N2 na Umtata (Mthatha) aanwysigingsbord kry. Volg die N2 na Umtata (Mthatha). Wanneer die hoofweg in ‘n enkelbaan verander neem jy die eerste afrit wat die Brakfontein afdraai no. 1060 is. Daar is ook ‘n bruin aanwysigingsbord wat lees “Wild Coast Jikeleza” aan die bokant van die afrit. By die bopunt van die afrit draai regs oor die brug, oor die N2. Ry vir omtrent 1.2km verby die Presbiteriaanse Kerk aanwysigingsbord tot by die “Wild Coast Jikeleza / Schafli Weg aanwysigingsbord, draai links. Ry vir omtrent 10km tot by die Yellow Sands afrit, draai regs. Na jy afgedraai het ry omtrent 1km tot by die volgende Yellow Sands bord.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons bied 150 gelyke en grasbedekte staanplekke aan. Elke staanplek is toegerus met water en kragpunte. Staanplek opsies: van asemrowende uitsigte oor die see of die pragtige Kwelerarivier, beskutte of skadu bedekte staanplekke of groot oop staanplekke vir die ekstra groot karavaan of tent. Alle staanplekke is loopafstand na die ablusie en strand. Ons uiterse netjiese ablusie is sentraal geleë met opwasgeriewe en word 24/7 skoon gemaak. ‘n Wassery met strykgeriewe is net langs die ablusie.

 

AKTIWITEITE:
Yellow Sands Karavaanpark se strand bied verskeie aktiwiteite soos lang wandelstappies op die strand, rots poelle met volop vis lewe, swem, skulpe versamel en van die beste branderplank geleenthede in Suid Afrika. Die Kwelerarivier is veilig vir bote en is wyd en lank genoeg vir water ski, “wake boarding” en “tubing” of sommer net om lekker te dryf op die rivier. Die Kwelerarivier bied ook uitstekende visvang, pragtige natuurtonele en voëlkyk aan.

 

VIR KINDERS:
3 Trampoliene, klimraam, groot spasie vir fietsry (hoogs aanbeveel). Tydens Desember word die swembad fasiliteite oopgemaak vir die winderige en warm sonskyn dae op die strand. Speletjieskamer met tafeltennis en DSTV.

 

TARIEWE:
 

Periode
Staanplek
Volwassenes (12j+)
Kinders (2-11j)
In seisoen
R300 per nag
R60 per nag
R30 per nag
Middel seisoen
R130 per nag
R60 per nag
R30 per nag
Buite seisoen
R80 per nag
R60 per nag
R30 per nag

 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  DIE KWELERARIVIER ROEP JOU!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum