Jy is hier >   Oorde > Oos-Kaap > Willows
Register   |  Teken aan

Willows Karavaanpark

 
StarStarStar



TEL: 086 117 7177
E-POS: info@thewillowspe.co.za
URL: www.thewillowspe.co.za
GPS: S33°02'36'', E25°36'40''

Die Willows karavaanpark lê aan die 'wilde' kant van Port Elizabeth se kus waar die rowwe klipkuslyn plek-plek 'n geheime klein strandtjie met sy eie gety-poel wegsteek. Die Willows lê in die hartjie van 'n 6000 hektaar natuurbewaringsgebied wat al klaar vir jou 'n idee gee van die rustigheid en kalmte wat hier heers. Hierdie karavaanpark word beskou as een van die beste oorde in die Ooskaap met asemrowende uitsigte en die strand op jou voorstoep!

HOE KOM JY DAAR:
Die karavaanpark is geleë op Marine Drive net sowat 15km van Port Elizabeth se hoofstrand.

KAMPERING:
Die karavaanpark het 74 staanplekke wat almal 'n hane-treetjie van die strand af geleë is. Hierdie ruim staanplekke het almal gras met eie kragpunte, water, vullisdromme en braai geriewe.

Vir die meer private kampeerder is daar 12 individuele staanplekke.  Hierdie staanplekke het hulle eie privaat badkamers en opwas geriewe wat kan sluit. Vra asseblief spesifiek hiervoor indien jy daarin belangstel.

VIR KINDERS:
Buiten die strand wat op 'n klipgooi weg is bied ons ook verskeie ander vermaak vir kinders en al ons jonger van gees besoekers - verligte minigolf, trampoliene, vlugbal, tennis, perdry, paintball, vierwielmotorfietse en ons eie waterwurm.

TARIEWE:
 

Koste per aand (BTW ingesluit)
Buite Seisoen
19/01/10 tot 10/12/10
Binne Seisoen
11/12/10 tot  08/01/11
Piek Seisoen
25/12/10 tot 01/01/11
Privaat staanplek              
(4 persone)
Voor
R240
R430
R500
Agter
R240
R405
R485
Standaard staanplek
(4 persone)
Voor
R180
R370
R430
Agter
R180
R345
R395
Gaste (2 maks)
R55
R90
R110

 

ONS SIEN UIT DAARNA OM JULLE TE VERWELKOM!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum