Jy is hier >   Oorde > Oos-Kaap > Pine Lodge
Register   |  Teken aan

Pine Lodge

 
StarStarStarStar



Aanskou Pine Lodge in 'n groter kaart

TEL: 041 583 4004  
E-POS: enquiries@pinelodge.co.za
URL: www.pinelodge.co.za
GPS: S34 031.29’ E25 41 17.91

 

Verbeel jou, jy word wakker met die geruis van seegolwe in jou ore, by ‘n karavaanpark geleë in die kaapsebos in die Kaapse Recife Natuurreservaat. Verbeel jou staproetes in die natuur, asemrowende landskap…..
Pine Lodge is geleë net minute van Nelson Mandelabaai lughawe en middestad.
 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf die N2 na Port Elizabeth neem die Settlersway/Summerstrand afdraai. Volg die Marinepad verby Summerstrand en Humewood Gholfbaan. Kyk uit vir ons padteken en draai dan na links.

Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - links onder op die kaart).
 

KAMPERING:
Ons 4 ster karavaan gras staanplekke is elkeen toegerus met ‘n kragpunt. Ons netjies skoon ablusieblokke, opwas en wassery maak jou verblyf by ons baie gerieflik. Naby aktiwiteite soos Humewood Gholfbaan, Southern Sun Boardwalk kasino, Bayworld en verskeie ander toeris attraksies sal verseker dat almal besig bly.

Voëlbesigtiging. pragtige strande met geskikte skubaduikpoele. Ten volle toegeruste gymnasium, Die Eiland restaurant en kroeg is maar net nog ‘n paar van ons fasiliteite en aktiwiteite.

 

VIR KINDERS:
Volleybal, tennis, basketbal, speeletjiekamer, pooltafel. pylties, tennisbane en mini sokker.

 

TARIEWE:
Skakel gerus die karavaanpark by bogenoemde nommers vir die nuutste tariewe.

  ONS IS NET 7 KM VAN PORT ELIZABETH!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum