Jy is hier >   Oorde > Oos-Kaap > Pearson Park Oord
Register   |  Teken aan

Pearson Park Oord (Sondagsrivier)

 
StarStar



Aanskou Pearson Park Oord in 'n groter kaart

TEL: 041 468 0040
E-POS: info@pearsonpark.co.za
URL: www.pearsonpark.co.za
GPS: S33 41.417 E25 49.722

 

Pearson Park Oord het een van die gewildste vakansie oorde geword in die Oos Kaap gevestig in die weelderige en fantastiese Sondagsriviermond.

 

HOE KOM JY DAAR:
Pearson Park Oord is ingeveer 40km geleë vanaf Port Elizabeth op die N2 oppad na Grahamstown.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons bied ons karavaners 150 ruim, beskutte, staanplekke aan, nie te ver van die wonderlike wal van die Sondagsrivier. 48 van ons staanplekke het 15Amp elektrisiteit. Ons ablusieblokke is uiters netjies. wassery met toegeboude wasgoedlyne is ook opgerig vir ons vakansie gangers se gerief.

 

AKTIWITEITE:
Die Sondagsrivier is ‘n gety rivier en vroeg-oggend verkenning van die rivier is enige vakansieganger se droom. Verken die rivier met ‘n boot, kano of selfs ‘n rustige wandeling. Miskien tref die geluk jou en kry jy ‘n Bosbok, Kudu of ‘n skaars voëltjie te sien soos die Oestervanger, inheems tot ons area. Ander naby geleë aktiwiteite is die Addo Olifant Nasionale Park, Puma Privaat Natuurresevaat en Shamwari Natuurresevaat Nukakamma Kano-roete.

 

VIR KINDERS:
Ponie-ritte (in siesoen) fietse en kano’s te huur. Klimraam, sandput, Volley ball, en visvang van die wal sal die kleingoed besig hou vir ure.

 

TARIEWE:
 

Sundays Rivier Kamp
Hoë seisoen
Middel seisoen
Lae seisoen
Staanplekke met krag
R325 per nag
R285 per nag
R190 per nag
Staanplekke sonder krag
R285 per nag
R250 per nag
R175 per nag
Addisionele fooi per persoon
R50 per nag
R50 per nag
R50 per nag
Addisionele Voertuig
R50 per verblyf
R50 per verblyf
R50 per verblyf

 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.
 

 

  JY SAL ONS GETY-RIVIER GENIET!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum