Jy is hier >   Oorde > Oos-Kaap > Nature's Rest
Register   |  Teken aan

Nature's Rest

 
 



View Lagoon Valley in a larger map

TEL: 043 736 9753
E-POS: reservations@naturesrest.co.za
URL: www.naturesrest.co.za
GPS: S33 03.904 E027 50.315

 

Hierdie baie rustige oord is geleë op die oewer van die Zamnyama Rivier wat deur die berge van die Oos Kaap vloei. Dis die perfekte plek vir ‘n heerlike piekniek of sommer net lui lekker dae op die strande van die Oos Kaap.

 

HOE KOM JY DAAR:
Van Oos London af neem die R72 (Settlers Weg) in die rigting van die lughawe. Ry oor die Steve Biko Brug. Ry verby die lughawe tot by Prince George Straat . Ry aan vir 4km tot by ons hek aan die regterkant.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons 35 semi koelte staanplekke is baie gerieflik geleë elk met sy eie kragprop. Braai geriewe is beskikbaar en ons ablusies is silwerskoon. Wassery beskikbaar.

 

AKTIWITEITE:
Beplan jou dag deur vis te vang, kano of te swem in die helder blou swembad. Speel ‘n potjie gholf op die naby geleë gholfbaan. Oos London is slegs 12km ver en bied heerlike ontspanning, besienswaardighede en ook restaurante. Die inheemse woud en plantegroei huisves ‘n verskeidenheid van 159 voëlspesies en voëlliefhebbers sal dag lank besig gehou word om die verskillende voëls te identifiseer.

 

VIR KINDERS:
Ons bied jaarliks ‘n Kersfees-vakansieprogram, strand speletjies, swem, visvang en kano op die lagoon.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  VAKANSIE LANGS DIE LAGOON!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum