Jy is hier >   Oorde > Oos-Kaap > Morganbaai
Register   |  Teken aan

Morganbaai Karavaanpark

 
 



TEL: 043 841 1061
E-POS: info@morganbayhotel.co.za
URL: www.morganbayhotel.co.za
GPS: S32° 42.359' E 028° 20.60'

Reg op die oewer van die Inchara Lagoon kan jy onder ‘n groot skaduboom kamp opslaan. Pragtige skoon strande is loop afstand en jy kan selfs ‘n vislyn natmaak terwyl jy rustig sit en ontspan reg voor jou karavaan. Alle staanplekke beskik oor sentrale kragpunte en braai fasiliteite. Aparte mans en dames ablusieblokke is gelieflik en pragtig skoon. Die karavaanpark beskik oor muntstuk aangedrewe wasmasjiene en tuimeldroërs. ‘n Pragtige groen rolbalveld is geleë in die oord en alle besoekers is welkom om deel te neem aan hierdie pret. By die naby geleë Morgan Bay Hotel kan jy ‘n heerlike ete geniet.

HOE KOM JY DAAR:
Ry 35km vanaf Oos London op die N2 in Durban se rigting. Draai regs in die R349. Ry verder vir 35km op die teerpad en draai regs. Ry vir ‘n verdere 6km en jy sal Morganbaai bereik.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

KAMPERING:
Ons beskik oor 30 karavaan- en tent-staanplekke. Elektrisiteits verlengingskoord is essentieël. Bring jou vêrkyker saam om die 270 voëlspesies te besigtig. Vir die sportman is daar gholf, muurbal, rolbal, staproetes, visvang en diepsee visvang.

VIR KINDERS:

 

Vir die kinders is daar plek vir sandplank ry by die groot sandduine.  Hier is 2 km se strandfront waar daar gedurende vakansies sokker, krieket, touch rugby en strand tennis gespeel word. Die fantastiese lagoon is die plek vir visvang, kano-ritte of swem.

 TARIEWE:
  • R200/dag buite seisone.
  • R375/dag binne seisoen. 
  • 10% afslag vir pensioentrekkers buite seisoen.
  • Meld asseblief by die Morgan Bay Hotel aan.
 
 
  WILDEKUS KAMPEER GENOT

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum