Jy is hier >   Oorde > Oos-Kaap > Green Fountain Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Green Fountain Karavaanpark

 

 

StarStarStarStar




Aanskou Green Fountain Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 046 624 2929
E-POS: info@greenfountain.co.za
URL: www.greenfountain.co.za
GPS: S33 33.432 E26 57.980

 

Green Fountain Karavaanpark is in die besit van ‘n privaat eienaar en is die enigste karavaanpark in die Oos Kaap waar elke staanplek sy eie ablusieblok het. Ons is ‘n hanetreetjie van die strand af en diepsee-, rots- en riviervisvang is van die bestes in Suid Afrika.

 

HOE KOM JY DAAR:
Ons is ± 80km vanaf Grahamstown – volg die R67 oppad na Port Alfred. Draai links by die R72 en ry 7km aan. Green Fountain Karavaanoord is op linkerkant. Ons is ± 150km vanaf Port Elizabeth – volg die N2 en vat die R72 afrit na Port Alfred. Ry deur Port Alfred. Ons is 7km vanaf die dorp aan die linkerkant geleë.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Elke staanplek het sy eie ablusie en kragpunt. ‘n Wassery, opwasgeriewe en braai-area ook beskikbaar.

 

AKTIWITEITE:
Twee bekende gholfbane, die Fish River Sun en die Royal Port Alfred, is naby geleë. ‘n Potjie gholf op een van die twee bane is ‘n belewenis. Skubaduik, duine-plankry, rivier- en kanoritte, diepsee visvang en “quad” ritte is maar ‘n paar van ons aktiwiteite. 3km van ons geleë is die Three Sisters perdryritte. Besoek een van ons naby geleë wildplase. Ontspan by die Halyards of St Francis gesondheidsspa. Lê ‘n besoek af na die geskiedkundige Bathurst of besoek die lighuis wat in 1898 opgerig is. Bring die stapskoene en verkyker saam en bespied ‘n skaars voëltjie.

 

VIR KINDERS:
Swembad, klimraam, speelarea, kinder-skubaduik en kanoritte.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  OOS WES TUIS BES!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum