Forever Resorts - Plettenberg

 
StarStarStarWENNER VAN 2010 "WELCOME AWARD"



View Forever Resorts - Plettenberg in a larger map

TEL: 044 535 9309
E-POS: plettrooms@foreversa.co.za / plettres@foreversa.co.za
URL: www.foreversa.co.za
GPS: S 33 59.50 E 23 23.58

Geleë op die oewer van die Keurboomsrivier in die hartjie van die Tuinroete nooi smaraggroen woude, majestueuse berge, eindelose wildernis en uitgesogte strande jou die vakansieganger uit na die paradys bekend as Plettenberg.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Johannesburg en Pretoria:

Neem die N1 Suid na Beaufort West en die R29 na Oudtshoorn. Plettenberg is geleë op die oewer van die Keurboomsrivier op die N2 tussen Kaapstad en Port Elizabeth. Forever Resorts – Plettenberg is 6km Oos van Plettenberg Baai.
 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Die oord bied 116 karavaan en tentstaanplekke, party van hulle wat grens aan die oewer van die Keurboomsrivier, elk met ‘n kragpunt. 2 ablusieblokke diens die staanplekke en word daagliks skoongemaak om ‘n kommervrye vakansie te verseker. Die tuine en gronde is altyd pragtig en meeste staanplekke het gras en goeie skadu. Daar is ook braaigeriewe en roosters beskikbaar: 1 braaier per staanplek.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Gee jouself oor aan die tallose betowerende besienswaardighede en klanke, besigtig wild op ‘n safari, besoek ‘n Wolf, Olifant, Aap of Voël Toevlugsoord of wees dronk geslaan deur die wonderlike boutegniek van die Noetzie Kasteel. Verken die Otter of Robberg staproetes en vir die meer avotuurlustige vakansieganger is daar die verkenning van die Kango Grotte, Knysna en Tsitsikamma woude. Geniet ‘n daggie van visvang, voëlkyk, boot- of kanoritte of ry ‘n entjie deur die Tuinroete en waardeer die natuurskoon van die area. Ander fasiliteite is: snoepwinkel en wassery. Naby die oord: restaurant, OTM, vulstasie.

 

VIR KINDERS:
Swembad, minigholf, tennisbane, vlugbal, wipmatte, speelparkie, visvang. Vermaaklikheidsprogramme gedurende skoolvakansies.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  DIE KEUR VAN KEURBOOMSTRAND!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum