Jy is hier >   Oorde > Oos-Kaap > Cremorne
Register   |  Teken aan

Cremorne Estate Karavaanpark

 
 



TEL: 047 564 1110
E-POS: kontak deur die webbladsy
URL: www.cremorne.co.za
GPS: S31° 35' 52.74", E29° 32' 1.15"

Die naam Cremorne verwys na Kaptein Sidney Turner wat in 1880 in hierdie area gevestig het.  Hy was afkomstig van London waar hy as kind grootgeword het en gereeld die Royal Cremorne tuine besoek.  Kort na sy vestiging aan die wal van die Umzimvuburivier het hy verneem van die skielike sluiting van die Royal Cremorne tuine in London.  Sy nuwe huis het hom toe so baie herriner aan sy kinderdae en gelukkige tye in Royal Cremorne dat hy die plek onmiddelik daarna vernoem het.

HOE KOM JY DAAR:

Vanaf die suide (Oos London /Kaapstad) ry jy met die N2 na Umtata. Draai regs af by die R61 wat jou na Port St. Johns toe neem.  Vyf kilometer voor Port St. Johns draai jy links oor die Umzimvuburivier en volg net die bordjies.

Vanuit die noorde (Johannesburg/Durban)  neem jy die R61 net na Kokstad.  Van hier ry jy verby Flagstaff en Lusikisiki en draai dan links net voor die Pondolandbrug.  Volg van hier die bordjies.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek net op ons karavaantjie)!

KAMPERING:
Die karavaanpark het 13 lower groen staanplekke wat reg teenaan die rivier geleë is. Al die staanplekke het elektriese kragpunte. Vir die kampeerders is daar 2 ablusie geriewe vir mans en twee vir dames. Opwas fasiliteite is aan die buitekant van die ablusiegeriewe. Die hele kamp word goed belig in die aand en is baie veilig.

VIR KINDERS:
By Cremorne is daar 'n wye verskeidenheid vermaak vir die hele familie. Vir die kinders is daar 'n speelpark met swaaie, glybane en klim- en klouter-strukture. HIer is pragtige grasperke waar die kinders verskeie bal-speletjies kan speel of net kan rondrits op hul fietse. Die swembad bied 'n koue lafenis van die warm somerson.  
Vir die ouer garde word visvang en scuba duik aangebied.  Hier word die boot sommer lanks jou karavaan ter water gelaat.

TARIEWE:
 Skakel gerus die oord by bogenoemde kontak details.

  KOM BESOEK ONS MODERNE ROYAL CREMORNE!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum