Jy is hier >   Oorde > Oos-Kaap > Cannon Rocks
Register   |  Teken aan

Cannon Rocks

 

 

 

 

StarStarStarStar




Aanskou Cannon Rocks in 'n groter kaart

TEL: 046 654 0043
E-POS: cannonrocks@telkomsa.net
URL: www.cannonrocks.co.za
GPS: S33. 44.932,  E26. 32.617

Cannon Rocks is 135km oos vanaf Port Elizabeth en 180km wes van Oos London geleë. Ons is deel van die pragtige Cannon Rocks dorpie en ons ongerepte strande met veilige swemareas en puik visvang geriewe is maar min van die baie aktiwiteite wat jou besoek aan ons net ‘n plesier sal maak.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Oos London neem die R343 afdraai net na Grahamstown na links of die R72 na regs as jy van van Port Elizabeth kom. Dis die Kenton on Sea pad. Ry deur Kenton on Sea en neem die afdraai na Cannon Rocks. Volg die aanwysigings tot by ons hek.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons beskik oor 75 wind-beskutte staanplekke wat net ‘n paar meter vanaf die strand geleë is. Elke staanplek beskik oor sy eie kragprop en braaiarea. Aangesien ons ‘n swak TV sein het bring jou eie TV skottel saam. Ons bied twee uiters netjies ablusieblokke, wassery, telefoonhokkies, petrol en ons is ook agente vir die Poskantoor.

 

AKTIWITEITE:
Vir die sportiewe besoeker bied ons perdry-uitstappies, snorkel, visvang en staproetes wat die voëlkyker baie plesier sal gee aangesien ons met ‘n groot verskeidenheid voëlspesies kan spog. Wildritte, boot en kanoritte en ‘n besoek aan die kasino is nog ‘n paar van die naby geleë aktiwiteite. Tennis, gholf en muurbal is ook beskikbaar. Een van ons bekendste aktwiteite is brandeplankry, “kitesurfing” en “windsurfing”.

 

VIR KINDERS:
Swembad, strandspeletjies en TV Kamer.

 

TARIEWE:
Die volgende tariewe is van toepassing: 

Karavaan en tent staanplek
In seisoen
Buite seisoen
2 Persone
260.00
160.00
3 Persone
300.00
210.00
4 Persone
360.00
260.00
5 Persone
420.00
310.00
6 Persone
480.00
360.00
7 Persone
540.00
410.00
8 Persone
600.00
460.00

 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM GENIET ONS GASVRYHEID!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum