Jy is hier >   Oorde > Oos-Kaap > Bhejane Wildsplaas
Register   |  Teken aan

Behjane Wildsplaas

 
 



Aanskou Behane Wildsplaas in 'n groter kaart

TEL: 044 923 1816 of 084 582 2601
E-POS: info@bhejane.co.za
URL: www.bhejane.co.za
GPS:  S33 11.4056, E23 55.1843

Bhejane Wildplaas is ‘n jagters paradys, weggesteek in die Groot Riviervallei tussen Stytlerville en Willowmore in die Oos Kaap. Hierdie wildsplaas is ‘n familie bestemming en die eienaars Phillip en Adriana sal verseker dat julle safari uitstappie by hulle ‘n onvergeetlike advontuur sal wees.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Willowmore, ry in ‘n noordelike rigting uit die dorp uit op die N9. Neem die Steytlerville/PE afdraai net buitekant Willowmore. Ry vir 30km op die sementpad, draai dan links by die Klipplaat afdraai en ry aan vir 10km. Draai regs en volg die pad tot by Bhejane.

Vanaf Port Elizabeth, ry na Steytlerville. Vanaf Steylerville neem die Willowmore pad en ry aan vir 31km. Draai regs en volg die pad vir 21km tot by Bhejane ontvangskantoor.
 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons karavaan staanplekke is geleë onder ‘n groot karoodoringboom sambreel en toegerus met krag- en waterpunte. Ons unieke buitelug ablusie het genoeg warm en koue water. Ons staanplekke is uiters geskik vir eko-uitstappies in die natuur by Bhejane. Akkommodasie vir jagters sluit in ons Bhejane Lodge en luukse rivier Charlets. Alle akkommodasie is selfhelp.

 

AKTIWITEITE:
Vir die jagters bied ons 26 hoefspesies en ons laat jag op die “loop en bekruip” metode toe. Vir die nie-jagters stel ons voor dat julle die bekende Baviaanskloof op een van hulle tale staproetes besoek. Ons kan vir julle dag of nag uitstappies reël. Ander aktiwiteite is boogjaag, bergfiets toere, en 4 x 4 ritte en kanoritte op dam en rivier. Groot verskeidenheid voëlspesies is in die vallei en sal voëlkykers ure se plesier gee. Lê ‘n besoek aan Steytlerville of Willowmore af. Neem ‘n begeleide uitstappie in die veld in en geniet ons natuurskoon omgewing. Maak ‘n draai by die Njala Teelstasie.

 

VIR KINDERS:
Paintball, swembad, visvang, klei duif skiet en quad fietsry.

 

TARIEWE:
 

Kontak gerus die wildsplaas by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM JAG TERWYL DIE FAMILIE KAMP!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum