Jy is hier >   Oorde > Oos-Kaap > Areena Riverside Oord
Register   |  Teken aan

Areena Riverside Oord

 
StarStarStarStar



Aanskou Areena Riverside Oord in 'n groter kaart

TEL: 043 734 3055, faks: 043 734 3312
E-POS: info@areenaresort.com
URL: www.areenaresort.com
GPS: S32 53.009, E 028 03.67

 

Areena Riverside Oord is geleë op die oewer van die Kwelega Rivier naby Chintsa. As jy eers een keer by ons gekuier het sal jy weer en weer wil kom kuier. Oos London is baie naby aan ons geleë en bied baie vermaak vir alle lede van die familie om die vakansie by ons baie aangenaam te maak.
 
 

HOE KOM JY DAAR:
Ry vanaf Oos London op die N2 en ry in die rigting van Mthatha. Neem afrit 1060 en draai regs in R102. Ry 1km en draai dan links in Schafliweg. Ry 9.6km draai regs by die T5 teken en dadelik weer regs in Areena Riverside Oord in.

Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - links onder op die Google kaart).

 

KAMPERING:
Ons staanplekke is op die oewer van die rivier en ons verseker asemrowende uitsigte van die rivier. Alle staanplekke het eie kragpunte. Ons ablusie is skoon en modern, braai geriewe en wassery is ook beskikbaar. Vissermanne kan na hartelus visvang in die rivier. Bring jou boot om te kom speel en meer jou boot aan ons jettie. Abseiling, boogskiet en vierwielmotorfietse is beskikbaar vir die meer avontuurlustige vakansieganger. Huur ‘n kanoe en verken die rivier met sy pragtig oewer. Besoek die Areena wildpark of geniet ons wye verskeidenheid voëlspesies.

 

VIR KINDERS:
Gedurende vakansies word aktiwiteite en kampe vir die kinders aangebied. Verskeie ander aktiwiteite is beskikbaar vir die kinders: Swembad, volleyball, speel terrein, visvang.

 

TARIEWE:
Skakel gerus die oord by bogenoemde nommers vir die nuutste tariewe.

 

  KOM KAMP LANGS DIE RIVIER!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum