Jy is hier >   Oorde > Noord-Wes > Thaba Morula
Register   |  Teken aan

Thaba Morula

 
 



Aanskou Thaba Morula in 'n groter kaart

TEL: 012 277 1371 of Faks 012 277 1549
E-POS: thabamorula@telkomsa.net
URL: www.thabamorula.co.za
GPS: S 25 22.925, E27 33.322

 

Thaba Morula wil graag ons karavaan-en kampeerplek aan u bekendstel. Veilig geleë in 500 hektaar ongerepte bosveld met meer as 15 verskillende wild, wat die elegante kameelperd, die sierlike swartwitpens en kleine steenbok insluit. Meer as 400 stuks wild kan in ons wildreservaat besigtig word, asook 200 aangetekende spesies voëls. Die groot getal voëls is toe te skryf aan ons ligging tussen die Roodekopjesdam en die Vaalkopdam, wat bekend is as 'n voëlkykersparadys.
 
 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Pretoria neem die N4 tolpad. Draai af by die Brits afrit en draai regs. Ry reguit aan deur Brits en 45km verderop die treinbrug neem die afdraai na Rustenburg en draai links. Ry aan tot by die T-aansluiting, draai links en net ‘n paar 100 meter verder le ons op die regterkant.

Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - links onder op die Google kaart).

 

KAMPERING:
Ons het 50 grasbedekte staanplekke, almal toegerus met elektrisiteit en waterpunte met nabygeleë gemeenskaplike en private badkamers met voldoende warm-en kouewater. Opwasgeriewe is orals op die kampterrein beskikbaar. Geleë in die pragtige tuine is 'n groot verhitte buitenshuise swembad, met plaspoele, twee Jacuzzi's en 'n stoomkamer. Daar is ook 'n 9-putjie mini-golfbaan en 'n speletjieslokaal waar potspel, tafeltennis en pyltjies gespeel kan word. 'n Groot skaakbord is beskikbaar vir die "denkende man" en 'n wipmat of klimraam vir klein mensies wat lief is vir spring en klouter.

Vir u gerief is 'n winkel met alle noodsaaklike benodighede beskikbaar om u verblyf te vergemaklik.

 

VIR KINDERS:
Vroeë oggend-, laat-middag-en nagwildritte word gereël om u kinders gedurende die dag besig te hou. Aktiwiteite soos skattejag, 'n Vis-ekspedisie waar kinders leer om hulle eie visstokke te maak en 'n uitstappie na Thaba Morula se eie glydraad (foofy-slide) word ook aangebied. In die aande sal kinders die geleentheid kry om 'n film op ons groot skerm te kyk of poog om die volgende Thaba Idol te word met karaoke. Kinders kan ook ons bosveld "super tube", ‘n verskeidenheid van damme, leteriabaan, hindernisbaan en gevreesde 10 m klip klimmuur (“abseiling”) kom geniet.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om die nuutste tariewe te kry.

 Kamp en Avontuur

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum