Shangrila Innibos Privaatoord

 
 



Aanskou Shangrila Innibos Privaatoord in 'n groter kaart

TEL: 082 784 6129 of 086 578 1566
E-POS: info@shangrilainnibos.co.za
URL: www.shangrilainnibos.co.za
GPS: S25 43.922 en E27 48.2843

 

Shangrila Innibos Privaatoord is omring deur die Magaliesberge. Ons is slegs 2km vanaf die Hartbeespoortdam geleë. Hier kan jy die semi-tropiese klimaat van die bosveld geniet. Hope naby geleë aantreklikhede om jou en jou gesin besig te hou.

Slegs 1 uur vanaf Johannesburg.

 

HOE KOM JY DAAR:
1.6km vanaf Damdoryn op die ou Rustenburgpad regoor die ingang na die bekende Elephant Sanctuary.

Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - links onder op die kaart).

 

KAMPERING:
Ons privaat vakansieoord bied luukse staanplekke onder groot skadubome elk met privaat ablusieblok en onderdak braaigeriewe. Elke staanplek het ook sy eie kragpunt en wateraansluiting.

Ons is loopafstand van die Monkey Sanctuary, Elephant Sanctuary, slang- en reptielpark, en privaat dieretuin. Groot verskeidenheid restaurante beskikbaar. Die tradisionele Afrika vlooimark is alom bekend.

 

VIR KINDERS:
Swembad en verskeie besieningswaardighede.

 

TARIEWE:
Skakel gerus die karavaanoord by bogenoemde nommers vir die nuutste tariewe.

  KOM KUIER BY DIE MAGALIESBERG!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum