Jy is hier >   Oorde > Noord-Wes > Manyane Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Manyane Karavaanpark

 
StarStarStar



View Manyane Karavaanpark in a larger map

TEL: 014 555 1000
E-POS: reservations@goldenleopardresorts.co.za
URL: www.goldenleopardresorts.co.za
GPS: S25 11.316 E27 08.833

 

Die Pilansberg Nasionale Park is die tuiste van die “Golden Leopard” Oord en huisves Manyane Karavaanpark geleë in die poort van die Park. ‘n Gerieflike 2uur se ry vanaf Johannesburg, Pretoria en die gewilde ‘Sun City”. Manyane Oord bied die ywerige buitelug entoesias uitstekende akkomodasie aan.

 

 

HOE KOM JY DAAR:

Aanwysings vanaf OR Tambo Lughawe / Pretoria: Verlaat die lughawe en neem die pad na Pretoria (R21). Soos jy Pretoria nader, neem die N4 Noord na Polokwane. Kyk uit en neem die N4 Wes na Rustenburg. Op hierdie pad sal jy deur 2 tolhekke ry. Ry verby die afdraaipaaie na Hartebeespoort, Brits en Randburg.

 Kyk uit vir die volgende afdraai na Sun City, Bapong en Majakaneng (R556). Neem hierdie afdraai en nie afdraai na Rustenburg. Aan die bokant van die afrit draai regs na Sun City / Bapong. By die 4de 4-rigtingstop draai regs op die R510 (25km) te Mogwase. Draai links by die Pilansberg Nasionale Park bord. By die 2de 4-rigtingstop draai regs by die Manyane hek.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

 

KAMPERING:

Al ons karavaanstaanplekke is met gras bedek met skadubome, kragpunt en braai geriewe. ‘n Maksimum van 6 persone en 2 voertuie word toegelaat per staanplek. Staanplekke word bedien deur sentraal geleë ablusie en word daagliks skoongemaak. Maklike toegang tot die restaurant, swembad, speelgronde en superette. Opwas geriewe en wassery is ook beskikbaar vir u gerief. Selfde geriewe is beskikbaar in ons kamp area en versoeke vir kragpunt op staanplek is noodsaaklik.

 

AKTIWITEITE:

Aktiwiteite wat by die oord bespreek kan word sluit in: Dag en Nagritte – geskeduleerde daaglikse ritte is beskikbaar in die Pilansberg Nasionale Park. Toere vertrek vroeg oggend, smiddags en snags. Die doel van die nagritte is om die Park se nagdiere te besigtig in hulle natuurlike habitat. Staproetes – aangebied deur bekwame toergidse. Vakansiegangers kan van naby af kennis maak met die Fauna en Flora van die Park. Wildritte met “Bush” braai of ontbyt. Sluit by ons aan vir ‘n sonop of sonsondergang avontuur rit en geniet die keuse van “Bush” braai of ontbyt enige plek in die Park.

Pilansberg Nasional Park huisves 35 groot soogdiere en sowat 50 kleiner soogdier spesies . Voëlkyk – daar is meer as 350 verskillende voëlspesies aangeteken in die park of stap deur ons in-loop voëlhok. Ander vermaak sluit in: olifant safaris, warm lugballon safaris, vierwiel motorfiets avontuur safaris, klei duif skiet, boogskiet en moenie die welbekende ‘Sun City” vergeet met sy ‘Lost Palace” en “Valley of the Waves” vir ure se vermaak, pret en plesier.

 

VIR KINDERS:

Swembad, speelparkie en minigholf.

 

TARIEWE:

Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM KAMP BY DIE PILANSBERG!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum