Jy is hier >   Oorde > Noord-Wes > Kokoriba Wildsreservaat
Register   |  Teken aan

Kokoriba Wildsreservaat

 
StarStarStar



TEL: 012 277 1940 of 072 098 2066/7.
E-POS: kokoriba@vodamail.co.za
URL: www.kokoriba.co.za
GPS: 25 21.924 S en 27 36.795 O

 

‘n Besoek aan Kokoriba Wildreservaat is ‘n unieke ondervinding en die wye verskeidenheid wild en voëlspesies maak enige besoek onvergeetlik. Kokoriba is geleë in die noord-ooste van die Noord Westelike Provinsie en bied uitstekende bosveld natuurskoon en atmosfeer.

 

HOE KOM JY DAAR: 
Neem die N1 in die rigting van Polokwane vanaf Pretoria. Neem die N4 Rustenburg afrit. Na die tweede tolhek neem die R511 Brits/Sandton afrit. Draai regs op die afrit in die rigting van Brits. Ry reg deur Brits, vanaf die Fruit and Veg is dit ongeveer 38km tot jy Kokoriba sal aantref op regterkant.  GPS S25 21.924, O27 36.795

KAMPERING:
Die Reservaat het 130 staanplekke elk met eie krag en waterpunt. Die oord beskik oor 5 netjiese ablusieblokke en 'n ten volle toegeruste muntstuk aangedrewe wassery. Die staanplekke het nie braaiers nie, u kan u eie saambring of by Kokoriba een huur teen 'n minimale fooi.

 Kokoriba se 752ha bosveld reservaat spog met 60km grondpaaie. Wildbesigtigingsritte is beskikbaar daagliks. Stappers en fietsryers welkom in die veld. Ongelukkig word privaat voertuie nie in die veld toegelaat nie.
 
Die Reservaat beskik oor 38 selfsorg chalets, restaurant en winkel. Kokoriba het ook 'n putt-putt baan, 10km staproete, pool tafels, volleyball baan en fietse om te huur.

 

VIR KINDERS:
Verhitte swembad, putt-putt baan, pool tafel, volleyball, fietsry en staproetes.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die oord by bogenoemde kontakdetails vir hierdie inligting.

  FAMILIE VAKANSIE IN 'n BOSVELDATMOSFEER

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum