Jy is hier >   Oorde > Noord-Wes > Klein Paradys
Register   |  Teken aan

Klein Paradys

 
StarStarStarStar



Aanskou Klein Paradys in 'n groter kaart

TEL: 012 252 4625 
E-POS: bookings@kleinparadys.com
URL: www.kleinparadys.com
GPS:
S25 30.74 E27 44.023

 

Welkom by Klein Paradys Karavaan Park waar ons natuurskone omgewing, liggaam en siel sal voed. Klein Paradys is slegs 1.5 ure vanaf Johannesbug en 1uur van Pretoria geleë. Put genot daaruit om op ons grasgroen staanplekke kamp op te slaan en geniet die rustige uitsig oor ons dam.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Pretoria neem die N1, neem dan die N4 na Rustenburg. Na die tweede tolhek neem die Sandton/Brits afrit. Draai links by T-aansluiting. Draai regs by vierde robot, Van Deventerstraat, ry aan vir 15km en ons is op regter kant.

Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - links onder op die kaart).

 

KAMPERING:
Ons het 80 standaard staanplekke en 20 ekslusiewe staanplekke elk met eie ablusie fasiliteite. Alle staanplekke is toegerus met 'n kragpunt, lopende water en draagbare braai. Elke staanplek staan onder ‘n groot koelteboom. Skoon ablsusieblokke en wassery.

Sun City is 100km van ons en die Hartbeespoortdam 30km ver geleë. Ander naby gelee aktiwiteite is gholfbane, verskeie natuur reservate, krokodilplaas en verskeie inkopie moontlikhede.
 

VIR KINDERS:
Swembad, kanoevaart, put-putbaan, skaakspelbaan, trampolien, bergfietsritte en ‘n veilige speelareas.

TARIEWE:
Skakel die karavaanpark by bogenoemde nommers vir die nuutste tariewe.

  KOM KAMP LANGS DIE DAM OP ONS GROEN GRAS!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum