Jy is hier >   Oorde > Noord-Wes > Dube Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Dube Karavaanpark

 
 



TEL: 073 171 8331
E-POS: info@dubegame.co.za
URL: www.dubegame.co.za
GPS: S25 28.495’ E027 48.243

 

Weggesteek in die hartjie van Noordwes se bosveld lê Dube Privaat Wildplaas, ‘n gerieflike wildplaas waar jy ‘n stukkie van Afrika kan beleef naby jou tuiste. Hierdie malariavrye wildplaas is die tuiste van ‘n wye verskeidenheid wild, 220 spesies voëls en onbeskryflike mooi bosveld. Hier is die karavaanpark binne die bosveld - nader kan jy nie kom nie. Slegs 45 minute van Pretoria en 70 minute van Johannesburg. Besigtig hul kameelperde, waterbokke, wildebeest, zebra en elande op een van die besigtigings toere.

 

HOE KOM JY DAAR:
Ry met R51 in die rigting van Brits. By die Sasolstasie draai regs na Rosslyn R566. Ry vir 3.1km. Draai links na Lethlabile. Hou aan ry tot die 3de 4 rigting stop by die Dikholo padteken. Draai links op die grondpad. Dube is die 3de hek op linkerkant.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Die karavaanpark beskik oor 95 staanplekke elkeen met eie kragpunt. Oor as genoeg skadubome en assistente help met die opslaan van tente. Ablusieblokke is silwerskoon en wassery is ook beskikbaar. Grasgroen speelterrein sal die kinders uit die ouers se hare hou.

 
Behalwe wild besigtigingsritte bied hulle ook visvang geleenthede, verhitte binnehuis swembad, en 'n jakuzzi. In die somer sal ‘n swem in een van die swembaddens jou afkoel. Geniet in skemerdrankie by die restaurant wat met ‘n pragtige uitsig oor die dam spog.   Vir die energieke besoeker is daar fietsritte, 6km staptoer en vir die nie so energiek is daar vermaak by Sun City, Cradle of Mankind, Olifant Reservaat, Inyoni Krokodilplaas, De Wildt Luiperd Reservaat. Restaurant en kroeg beskikbaar.
 

VIR KINDERS:
Swembad, visvang (vang en vry laat) groot speelterrein.

TARIEWE:
Skakel die kamp by bogenoemde details vir meer inligting.

  Slegs 45 minute van Pretoria!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum