Jy is hier >   Oorde > Noord-Wes > Bakgatla Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Bakgatla Karavaanpark

 
StarStarStar



View Bakgatla Karavaanpark in a larger map

TEL: 014 555 1000
E-POS: reservations@goldenleopardresorts.co.za
URL: www.goldenleopardresorts.co.za
GPS: S25 11.316 E27 08.833

 

Die Pilansberg Nasionale Park is die tuiste van die “Golden Leopard” Oord en huisves Bakgatla, geleë aan die voet van die Garamoga Koppie. ‘n Gerieflike 2uur se ry vanaf Johannesburg, Pretoria en die gewilde ‘Sun City”. Bakgatla Oord bied die ywerige buitelug entoesias uitstekende akkomodasie aan.

 

HOE KOM JY DAAR:

Aanwysings vanaf OR Tambo Lughawe / Pretoria: Verlaat die lughawe en neem die pad na Pretoria (R21). Soos jy Pretoria nader, neem die N4 Noord na Polokwane. Kyk uit en neem die N4 Wes na Rustenburg. Op hierdie pad sal jy deur 2 tolhekke ry. Ry verby die afdraaipaaie na Hartebeespoort, Brits en Randburg. Kyk uit vir die volgende afdraai na Sun City, Bapong en Majakaneng (R556). Neem hierdie afdraai en nie afdraai na Rustenburg. Aan die bokant van die afrit draai regs na Sun City / Bapong. By die 4de 4-rigtingstop draai regs op die R510 (25km) te Mogwase. Draai links by die Pilansberg Nasionale Park bord. Ry verby Manyane hek en gaan reguit aan tot by die T-aansluiting. Draai links en volg die pad tot by die Bakgatla hek.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

  

KAMPERING:

Al ons karavaanstaanplekke is met gras bedek met skadubome, kragpunt en braai geriewe. ‘n Maksimum van 6 persone en 2 voertuie word toegelaat per staanplek. Staanplekke word bedien deur sentraal geleë ablusie en word daagliks skoongemaak. Maklike toegang tot die restaurant, swembad, speelgronde en superette. Opwas geriewe en wassery is ook beskikbaar vir u gerief. Selfde geriewe is beskikbaar in ons kamp area en versoeke vir kragpunt op staanplek is noodsaaklik.

 

AKTIWITEITE:

Aktiwiteite wat by die oord bespreek kan word sluit in: Staproetes – vertrek vroeg oggend saam met ‘n ervare toergids. Minimum 4 persone, geen kinders onder die ouderdom van 12jaar. Wildritte – sonop, smiddags, sonsondergang en snags. Wildritte en “Bush” braai – toergids voertuie vertrek laatmiddag en neem jou op ‘n Afrika avontuur deur 55000h van die Pilansberg Nasional Park. Tuiste van die Groot-5. Daarna word jy afgelaai by ons boma waar alle gaste met ‘n glasie Sjerrie verwelkom word en ‘n ete geniet onder die Afrika hemel, omring deur die geluide van die bos.

 Warm lugballon safaris wat insluit ‘n glas sjampanje en ontbyt by een van ons oorde. Voëlkyk – daar is meer as 300 verskillende voëlspesies aangeteken in die park. Ander vermaak sluit in: olifant safaris, vierwiel motorfiets avontuur safaris, klei duif skiet, boogskiet en moenie die welbekende ‘Sun City” vergeet met sy ‘Lost Palace” en “Valley of the Waves” vir ure se vermaak, pret en plesier.

 

VIR KINDERS:

Olimpiese grootte soutwater swembad, trampoline, speelparkie, buite skaak en mini-gholf.

  

TARIEWE:

Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM KAMP BY DIE PILANSBERG!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum