Jy is hier >   Oorde > Noord-Kaap > Aquacada Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Aquacade Karavaanpark

 


TEL: 027 761 8650 of 084 291 8833
E-POS: aquacade@telkomsa.net
URL: www.aquacade.co.za
GPS: S28 41’ 26.82” E17 35’ 15.74”

Vioolsdrift is geleë aan die Suid Afrika kant van die grens met Namibië wat geskei word deur die Oranjerivier. Terwyl die Oranjerivier vir die grootste deel in 'n westerlike rigting vloei, krul die rivier in 'n noordelike rigting naby Vioolsdrift en omsluit dit in die waai van hierdie arm, 'n wye stuk land algemeen bekend as die Richtersveld.  Die Richtersveld vorm die mees noordelike deel van Namakwaland in die Noordkaap.

Dis hier teen die grens waar jy Aquacade karavaanpark  en kampeer area sal kry. Aquacade is op die walle van die Oranjerivier en het 'n rustige atmosfeer met ster gevulde aande wat so stil is dat jy dit kan hoor! Die oord is 'n uitstekende stilhou plek vir vakansiegangers oppad na Namibië en 4x4 entoesiaste wat die Richtersveld besoek met al sy uniek plante en vetplante.

HOE KOM JY DAAR:
Aquacade lê op die walle van die Oranjerivier, 10km van die Namibië grenspos en die N7 roete, op die Kotzehooppad by Vioolsdrift in die Noordkaap.  Wanneer jy van Kaapstad of Upington op die N7 via Springbok na Vioolsdrift ry, neem jy die Kotzehoop afrit aan jou linkerkant, ongeveer 200m voor die grenspos. Ry reguit op die Kotzehoop pad vir ongeveer 10km todat jy die Aquacade bordjie aan jou regterkant sien.  Draai daar regs en ry ongeveer 500m tot by Aquacade.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

KAMPERING:
Die karavaan staanplekke en kampeerareas is privaat en begras. Elke staanplek en kamparea het sy eie kragpunt, lig en braai geriewe. Daar is ook vir elkeen 'n onderdak kamp-kombuis, elk met tafel, bankies en 'n wasbak met vars water.  Skoon en gemaklike ablusie fasiliteite met lekker warm water is sentraal geleë, naby aan al die staanplekke en kamp areas. 'n Was- en strykkamer is ook beskikbaar indien benodig.

Die oord se skadu bome verleen verligting teen die felle Richtersveld son terwyl die uitsig oor die rivier jou innerlik kalmeer in voorbereiding op die volgende dag.  

AKTIWITEITE:
Vir diegene wat nie doodmoeg by Aquacade aankom en nie net 'n bietjie wil ontspan en rus nie, is daar baie aktiwiteite om mee besig te bly:

  • Swembad
  • Boskroeg met DStv en snoekertafel 
  • River Rafting en ander safaries
     
  • Visvang
     
  • 4x4 Roetes
  • Voëlkyk
     
  • Staproetes
     
  • Uitsigpunte
     
  • Rotstekeninge/kerwings.

TARIEWE:
R60 per persoon + R50/staanplek of kampeer area
R20 per kind onder 13
Kinders onder 4 bly gratis.

  KOM ERVAAR ONS RICHTERSVELD GASVRYHEID!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum