Jy is hier >   Oorde > Mpumalanga > Olifants River Lodge
Register   |  Teken aan

Olifants River Lodge

 
 



Aanskou Olifants River lodge in 'n groter kaart

TEL: 013 243 9401
E-POS: olimarketing@mweb.co.za
URL: www.olifants-river-lodge.co.za
GPS: S25 45.3766, E29 18.4907

 

In die natuurskoon Olifants Rivier Vallei sal jy ons luukse Olifant Rivier Lodge aantref. Slegs 30min se ry vanaf Pretoria en tussen Middelburg en Witbank is hierdie pragtige vakansieoord geleë, waar jy oor ‘n naweek jou batterye kan herlaai.

 

HOE KOM JY DAAR:
Neem die N4 na Witbank. Na die Middelburg/Witbank Shell Ultra City, neem Middelburgwes/Vandyksdrift afrit. Draai links na Middelburg tot by T-aansluiting (555). By die T-aansluiting draai links na Witbank en ry vir ongeveer 4km. Op linkerkant is die Telkom/FM toring en op regterkant die Presidentsrus-afrit. Draai regs en ry aan vir 11km tot by Lodge.

Gebruik gerus ook ons Google kaart op hierdie bladsy om padaanwysings van jou huis tot by die oord te kry. (“kliek” op die groen omringde karavaantjie - links onder op die kaart). 

 

KAMPERING:
Ons akkomodasie wissel van grasdak chalets, kabanas, selfsorg eenhede tot ‘n pragtige karavaanpark met staanplekke reg langs die rivier oewer en onder groot skadubome. 

Vir die stappers is daar verskeie staproetes rondom die lodge. Of pak jou rotsklim toerusting en klim een van die natuurlike rotsformasies wat selfs die geharde rotsklimmer ‘n uitdaging sal gee. Perdry en 4 x 4 roetes.   Gholf, tennis, muurbal, rolbal is slegs 20km vêr geleё. Witbankdam en Kasino is slegs 35km vêr geleë.

 

VIR KINDERS:
Die swembad, die Olifants Rivier en ander buitelug aktiwiteite sal hulle elke aand pootuit laat.

 

TARIEWE:
Skakel gerus die Lodge by bogenoemde nommer vir die nuutste pryse.

  DIE OLIFANTSRIVIER ROEP JOU!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum