Forever Resorts - Waterfall Safari Oord

 
StarStarStar


TEL: 013 262 3075/64
E-POS: loskopres@foreversa.co.za
URL: www.foreversa.co.za
GPS: S25 26.17 E29 25.44

Een van die vele vakansiebestemmings van Forever Resorts in die Middelburg area, geleë in die Kranspoort Bergkloof, is Waterfall Safari Oord. Hierdie kuierplek met sy waterval en ongerepte natuur sal beslis kampeerders keer op keer teruglok.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Johannesburg en Pretoria:

Neem die N12 vanaf Johannesburg of die N4 vanaf Pretoria na Witbank. Net verby die Ultra City neem die Vandijksdrif/Middelburg-Wes afrit. Draai links na Middelburg op die R575. By die T-aansluiting draai regs op die R555. Die R555 word die N11 (net buitekant Middelburg). Op hierdie pad sal jy die Forever Resort aantref.
 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Met slegs 5 staanplekke, almal toegerus met kragpunte, is hierdie bestemming keer op keer gewild. 1 netjiese ablusieblok diens die staanplekke. Daar is ook braaigeriewe en roosters beskikbaar op aanvraag – geen koste.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Definitief geskik vir die 4x4 entoesias wat premitiewe geriewe verwelkom. Pragtige natuurlewe, verskeidenheid van voëlspesies en staproetes na die waterval in die kruin van die berg is ‘n paar punte wat hierdie so ‘n spesiale bestemming maak. Geniet ‘n swem in die pragtige klipswembad, besigtig wild vanaf die uitkykpunt of geniet ‘n drankie soos die son onder gaan oor die Afrika landskap vanaf die terras. Perdritte, visvang, wildritte by boot of begeleidingstoere met ‘quad bikes” is net van die aktiwiteite naby die oord. Ander fasiliteite naby die oord is: winkel, slaghuis, drankwinkel en vulstasie. Waterfall het wel ‘n restaurant en kroeg en is slegs 3km vanaf Loskopdam geleë.

 

VIR KINDERS:
Naby die oord: tennisbane, minigholf, wipmatte, “paintball” en vlugbal.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

Gratis toegang tot Forever Resorts Loskopdam.

  IDEAL VIR FAMILIES OF KLEIN VRIENDEGROEPE!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum