Jy is hier >   Oorde > Mpumalanga > Forever Resorts - Swadini
Register   |  Teken aan

Forever Resorts - Swadini

 
StarStarStar



View Forever Resorts - Swadini in a larger map

TEL: 015 795 5141
E-POS: swadini@forever.co.za
URL: www.foreverswadini.co.za
GPS: S24 31.054 E30 48.334

Swadini tref mens aan afgesonder aan die voetenent van die Blyderivier Canyon op die oewer van die Blyderivier, tussen ‘n simfonie van die majestueuse Drakensberg reeks en weelderige bosveld wat wemel van wildlewe.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Johannesburg en Pretoria:

Neem die N22 vanaf Johannesburg en die N4 vanaf Pretoria. Ry verby Witbank en Middelburg na Belfast. Draai af op die R450 na Dullstroom, Lydenburg (nou R36), Ohrigstad, Abel Erasmus Pas, Strijdom Tonnel en terug op die R527 na Hoedspruit en dan weer op die R531 na Forever Resorts – Swadini.
 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Met 196 karavaan- en tentstaanplekke elk met ‘n kragpunt en wat grotendeels met gras bedek is, is dit ‘n paradys gedurende somer en wintermaande. 6 Ablusieblokke diens die kampeerders en word daagliks skoongemaak en sorg vir sorgvrye vakansie. Daar is ook braaigeriewe en roosters beskikbaar: 1 braaier per staanplek.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Wees spraakloos in die aangesig van die “weeping face of nature” een van die wêreld se grootste Tufa watervalle. Geniet ‘n eksklusiewe bootrit op die Blyde Dam. Glip weg en besoek die “Groot 5” by die naby geleë Kruger Nasionale Widtuin of besoek die Diere Rehabilitasie Sentrum, Syplaas en Jagluiperd Projek in die area of trakteer jou familie met ‘n rit op ‘n olifant. Daar is ook verskeie staproetes met draaie en kronkels deur asemrowende natuurtonele. Ander fasiliteite is: toegeruste winkel, drankwinkel en restaurant.

 

VIR KINDERS:
Swembaddens waarin jonk en oud in kan baljaar, minigholf, tennisbane, vlugbal, wipmatte en “paintball”. Swadini bied ook 'n onafhanklike avontuur kiosk waar talle avontuur aktiwiteite bespreek kan word.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM KAMP IN DIE SKADU VAN DIE BLYDERIVIER CANYON!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum