Forever Resorts - Loskopdam

 
StarStarStar



View Forever Resorts - Loskopdam in a larger map

TEL: 013 262 3075 / 64
E-POS: loskopres@foreversa.co.za
URL: www.loskopcountry.co.za / www.foreverloskopdam.co.za
GPS: S25 25.23 E29 23.12

Loskopdam is 37km buite Middelburg op die oewer van die Loskopdam. Hierdie oord is ‘n visserman se paradys en die lieflike natuurskoon sal verseker maak dat kampeerders keer op keer terugkeer.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Johannesburg en Pretoria:

Neem die N12 vanaf Johannesburg of die N4 vanaf Pretoria na Witbank. Net verby die Ultra City neem die Vandijksdrif/Middelburg-Wes afrit. Draai links na Middelburg op die R575. By die T-aansluiting draai regs op die R555. Die R555 word die N11 (net buitekant Middelburg). Volg die pad vir 45km tot by die oord.
 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Die oord bied 281 karavaan en tentstaanplekke waarvan 116 toegerus is met kragpunte. 6 ablusieblokke diens die staanplekke wat daagliks skoongemaak word. Die staanplekke het welbedekte gras staanplekke met baie skadu. Daar is ook braaigeriewe en roosters beskikbaar : 1 braaier tussen 2 staanplekke (slegs kragstaanplekke).

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Die oord geleë op die oewer van die Loskopdam het sy oorsprong uit die Olifants- rivier en is omring deur ‘n majestueuse bergreeks en natuurresservaat wat tuiste verleen aan die witrenoster, luiperd, krokodil en seekoei. Geniet ‘n drankie terwyl jy op ‘n bootrit wild besigtig tydens sonsondergang of probeer die groottes vang sonder om hul te laat weg kom. Neem uitstappies te perd, speel gholf of bespeur die wilderness op begeleide “quad bike” toere naby. Ander fasiliteite is: toegeruste winkel, drankwinkel, restaurant, tennisbane, piekniek areas.

 

VIR KINDERS:
Mini-gholf, koue en verhitte swembaddens, speelparkie, wipmatte, vlugbal, “paintball” en vermaaklikheids program binne seisoen.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om inligting rakende tariewe te kry.

 

  KOM KUIER BY DIE DAM!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum