Forever Resorts - Blyde Canyon

 
StarStarStar



View Forever Resorts - Blyde Canyon in a larger map

TEL: 0861 2 69 66 / 0861 CANYON
E-POS: blyderes@foreversa.co.za
URL: www.foreversa.co.za
GPS: S24 34.34 E30 46.41

Die Drie Rondawels en Panorama Roete is beslis die groot aantrekkings-pleister in die gebied. Met pragtige uitsigte en ‘n rustige atmosfeer is hierdie die ideale oord vir kalmte en rus.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Johannesburg en Pretoria:

Neem die R22 vanaf Johannesburg. Dit word die N4 na Witbank. Neem die N4 Hoofweg vanaf Pretoria tot by Belfast. Neem die R540 tot by Dullstroom. Vanaf Dullstroom neem die R36 tot by Ohrigstad, ry aan tot by Blyde Canyon aan die regte kant. Vir ‘n meer feitesendingroete neem die R532 deur Sabie, Graskop en Pilgrim’s Rest na Blyde Canyon.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Die 30 staanplekke is geskik vir karavane, maar tente is ook welkom. Elk van die staanplekke het sy eie kragpunt, kraan en vullisdrom, wat daagliks skoongemaak word. Die meeste staanplekke het gras en baie skadu. Daar is ook braaigeriewe en roosters beskikbaar : 1 per staanplek. Die kampterrein word deur 2 ablusieblokke met opwasgeriewe bedien.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Met talle staproetes wat beskikbaar is vir beginners tot gesoute stappers en ‘n pragskone natuurlewe, bly Blyde Canyon ‘n juweel in die Laeveld. Neem uitstappies al langs die Panorama roete, besigtig die bekende “God’s Window”, Drie Rondawels, “Bourke’s Luck Potholes” en ‘n hele string asemrowende watervalle. Hier vind jy ‘n winkel en drankwinkel vir basiese dag-tot-dag benodighede. Helikopter en Warm lugballon ritte is ook beskikbaar in die omgewing vir die meer avontuurlustige vakansieganger. Ander fasiliteite is: supermark, vulstasie, kroeg, Kadishi restaurant en ‘n koue swembad.

 

VIR KINDERS:
Perde-ritte, wipmatte, minigholf, tennisbane, vlugbal.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om inligting rakende tariewe te kry.

 

  EEN VAN ONS LAEVELD WONDERS!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum