Jy is hier >   Oorde > Mpumalanga > Forever Resorts - Badplaas
Register   |  Teken aan

Forever Resorts - Badplaas

 
StarStarStar



View Forever Resorts - Badplaas in a larger map

TEL: 017 844 8000
E-POS: badplaasres@foreversa.co.za
URL: www.foreverbadplaas.co.za
GPS: S25 57.16 E30 33.48

Badplaas is geleë aan die voet van die Hlumuhlumu-berge. Al is die warmwaterbron sonder twyfel die hoof-trekpleister, bied hierdie oord ook ‘n magdom ander aktiwiteite en geriewe.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Johannesburg en Pretoria:

Neem die R22 vanaf Johannesburg. Dit word die N4 na Witbank. Neem die N4 Hoofweg vanaf Pretoria na Middelburg. Net na Middelburg neem die R33 na Carolina (±88km). By Carolina neem die R38 na Badplaas (52km). Die oord lê aan die linker kant.
 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Die paar honderd staanplekke is geskik vir karavane, maar tente is ook welkom. Elk van die staanplekke het sy eie kragpunt, kraan en vullisdrom, wat daagliks skoongemaak word. Die meeste staanplekke het gras en baie skadu. Die kampterrein word deur 6 ablusieblokke, waarvan 1 ablusieblok reeds opgegradeer is, met opwasgeriewe bedien. Wasmasjiene en tuimeldroërs, wat met R5-stukke werk, is beskikbaar. Vir die wat graag ‘n vleisie oor die kole wil gooi, is daar ook braaigeriewe en roosters beskikbaar : 1 braaier per staanplek.

 

AKTIWITEITE EN FASILITEITE:
Hier vind jy van ‘n slaghuis tot ‘n drankwinkel tot ‘n spa vir ma. Omdat Badplaas op ‘n wildplaas geleë is, kan wildritte ook onderneem word: dit is die tuiste van 32 soogdierspesies en nagenoeg 300 voëlspesies. Hier is staproetes, bergfietspaaie, ‘n kunsmatige rivier, chip en putt gholf, tennisbane, rolbal…. noem maar op. Dis nou buiten die talle binnenshuise en buite-swembaddens – warm en koud, vir grootmense sowel as vir kinders. Ander fasiliteite is: supermark, geskenkwinkel, BP vulstasie, apteek, restaurant, dames kroeg en hydro koffie winkel.

 

VIR KINDERS:
Perde-ritte, 4-wiel motorfietse, vlugbal, foefieslaaid, ‘Super Tube en Spoed glybaan, speletjieskamer, rinkals, paintball, pypkarre, vermaakliksheidsprogram binne seisoen.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM KAMP OP BADPLAAS!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum