Jy is hier >   Oorde > Mpumalanga > De Voetpadkloof
Register   |  Teken aan

De Voetpadkloof Karavaanpark

 
StarStarStarStarStar


TEL: (013) 245 8500
E-POS: besprekings@devoetpadkloof.co.za
URL: www.devoetpadkloof.co.za
GPS:  S25 27.353' E 29 25.900'

De Voetpadkloof Oord, geleë in die Loskopvallei en 40 km noord vanaf Middelburg, sowat 1½ uur se ry vanaf Gauteng, is 'n Natuurreservaat van 600 ha en is enige natuur entoesias se droom. Met die inheemse plantegroei, wilde diere en rustige atmosfeer, is dit die ideale plek om te ontspan. Die fasiliteite is van die beste kwaliteit om hul gaste, oud en jonk, se gemak te verseker.

De Voetpadkloof se professionele, vriendelike personeel is daar om enige ongerief uit die weg te ruim en om die bosveld kuiertjie so gemaklik en veilig as moontlik te maak.

HOE KOM JY DAAR:


Neem die N4 Maputo Tolpad vanaf Pretoria en ry oos (in Nelspruit se rigting) vir ongeveer 108 km. Draai links by afrit 120 oppad na Middelburg Wes op die R575. Na ongeveer 4,5km draai regs op die R555.  Ry reguit vir ongeveer 5,5 km todat jy by Kerk straat / N11 kom.  Ry reguit vor ongeveer 36km en draai dan Links.  Ry ongeveer 3km aan en die De Voetpadkloof sal aan jou regterkant wees.

KAMPERING:
De Voetpadkloof beskik oor 46 staanplekke.  Elke staanplek het ‘n afsondelike kragpunt vir standaard woonwa en kampeertoerusting.
Staanplekke beskik oor ‘n plaveigedeelte vir tente. Daar is drie moderne ablusieblokke, met ‘n opwas area vir skottelgoed by elkeen. ‘n Waskamer met ‘n wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar.

Hier is ook chalets en verskeie tente wat gehuur kan word.

VIR KINDERS:
Die oord beskik oor twee swembaddens, een warm en een koud. ‘n Speelarea vir avontuurlustige kinders en die wat jonk van gees is, is by die brug na die dam geleë en bestaan uit verskeie klouter, klim, swaai en gly apparaat wat die aktiewe lyfies vir ‘n taamlike tydjie besig sal hou.  Hier is ook mini gholf, veerpultjies, snoeker, vlugbal en jukskei.

'n Verskeidenheid self -begeleide goed gemerkte staproetes van verskillende moeilikheidsgrade is beskikbaar vir gaste. Alle paadjies is dag stappe en kan teen eie pas voltooi word. Karp, Kurpers en Swartbaars is sommige van die spesies wat op ‘n vang- en- laat - gaan basis gehengel kan word by die dam. Kano's kan ook hier gebruik word. Die staproetes en wildritte bring die gaste nader aan die natuur en die wildlewe in diereservaat, waar die verskeidenheid wild in hulle natuurlike habitat besigtig kan word.

Die teetuin en snoepwinkel dien as oase vir 'n honger en dors lyf na die dag se besige program.
 

TARIEWE:

Skakel die oord gerus by bogenoemde nommers om die nuutste tariewe te kry.

Belangrike Inligting

Slegs een tent per woonwa of tot 3 tente sonder woonwa in geval van kampering.
Geen soliede seile of tente op grasperke nie.
Alle tariewe is in Suid Afrikaanse Rand per dag en sluit BTW in.
Alle tariewe is onderhewig aan verandering sonder vooraf kennisgewing.
Kinders onder 5 jaar word gratis toegelaat maar tel as 'n persoon per eenheid.
10% korting vir pensionarisse op Midweek tariewe alleenlik.
R30-00 per tweede motor by chalets, tente, kampering en woonwaens per dag.
Maksimum 2 voertuie per eenheid toegelaat.
Dagbesoekers word slegs toegelaat by bespreekte eenhede en slegs per vooraf reelings. R55-00 per volwassene en R30-00 per kind per dag.
Streng Verbode: Honde, Katte, Vuurwerke, Klappers, Optel van vuurmaakhout, Vang of terg van diere, Uithaal van plante, Geen harde musiek of musiek uit motors word ten enige tyd toegelaat nie.
Slegs voëls in hokke word toegelaat.
Vuurwapens moet verklaar word.

  KOM VAT HIERDIE BESONDERE VOETPAD!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum