Jy is hier >   Oorde > Mpumalanga > Barham Bay Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Barham Bay Karavaanpark

 
StarStarStar



Aanskou Barham Bay Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 082 851 5304
E-POS: barhambay@mweb.co.za
URL: www.barhambaylodge.co.za
GPS: S25 56.690 E29 16.205

Barham Bay, een van Mpumalanga se grootste geheime. Idillies geleë op die oewer van die Witbank Dam, weggesteek van die rumoer van die stadlewe. Enige kampeerder se droom! Die idiale visvang wegbreek!

 

HOE KOM JY DAAR:
Ry in ‘n oostelike rigting op die N12 vanaf Johannesburg. Neem die Watermeyer afdraai. Draai links onder deur die hoofweg in die rigting van Bethal. Ry aan tot by die kruising met Tweefontein Weg. Draai links en ry tot by die karavaanpark.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons staanplekke is ‘n klipgooi weg van die oewer met maklike toegang tot die water. Elke staanplek het sy eie klein grasdak lapa en elektrisiteit. 5 Baie netjiese ablusie- geriewe is beskikbaar.

 

AKTIWITEITE:
Belewe die opwinding van ‘n “jet” bootrit, ‘n hoë spoed ski of binneband rit op die dam vir die adrenalien geestriftige of ‘n rustige rit op een van ons “trap” bootjies vir die wat die lewe bietjie kalmer wil vat. Laat jou stress verdwyn in ons oord se 25-sitplek Jacuzzi. Vir die meer manhaftige vakansieganger is daar valskerm spring te Witbank wat naby die oord geleë is. Die dam is ideal vir alle watersport aktiwiteite en manne moet nie die visstokke vergeet nie. Daar word gereeld visvang kompetisies gehou.

 

VIR KINDERS:
Binneband ritte, “trap” bootjies, speletjiesmasjiene, diere plaas en ‘n kinderpret -swembad

 

TARIEWE:
Kampeerplekke is beskikbaar teen R50 per dag.

  KOM MAAK JOU VISLYNE HIER NAT!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum