Jy is hier >   Oorde > Limpopo > Weesgerus Vakansieoord
Register   |  Teken aan

Weesgerus Vakansieoord

 
 



TEL: 014 718 7100
E-POS: bespreek1@weesgerus.co.za; bespreek2@weesgerus.co.za; bespreek3@weesgerus.co.za
URL: www.weesgerus.co.za
GPS: S24 40.792’ E028 23.145’

Kom ervaar die hartlike bosveldatmosfeer by die Weesgerus Vakansieoord. Die oord is geleë in die asemrowende natuurskoon van die Waterberg omgewing slegs 130 km Noord van Pretoria. Die oord se uitmuntende fasiliteite tesame met sy alombekende gasvryheid bied die ideale vakansiebestemming vir die hele gesin. 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf die Kranskop tolhek neem die Modimolle afrit.  Die oord is 3km geleë vanaf Modimolle op die Vaalwaterpad.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

KAMPERING:
Vir die buitelewegessdriftiges is daar nie minder nie as 145 goedbeplande en moderne  woonwastaanplekke wat elk van elektrisiteit voorsien is. Uitstekende ablusiegeriewe rond hierdie prentjie mooi af.

Kampeerders kan in die rustigheid van die gronddam ‘n lyntjie natmaak (Nota: "Catch and Release" beginsel is van toepassing). Die gronddam lok ook ‘n groot verskeidenheid watervoëls wat tot 'n ontspanne atmosfeer bydra.  Terwyl die honger knaag as daar lyn natgemaak word is die lapa reg langs die dam om daardie honger te stil.
 
Op daardie geleenthede wanneer u lus voel om bederf en bedien te word, is die gelisensieerde restaurant op die terrein net die plek om te besoek. Hierdie restaurant voorsien in die fynproewer se smake.
 

VIR KINDERS:
Min vakansieoorde kan spog met vyf swembaddens! Daar is twee verhitte onderdak swembaddens en drie buitelug swembaddens ('n louwater bad vir ervare swemmers, 'n koue swembad asook 'n louwater bad vir jong kinders) om onder die bosveldson af te koel. Kom laat die kinders gerus op die oord se waterglybaan ("Supertube") baljaar terwyl jy jou in een van die oord se twee verhitte binnenshuise swembaddens geniet.

          
Die hele gesin kan saam kom speel op die miniatuur gholfbaan of 'n potjie tennis en jukskeibane om die besoeker se vaardighede te toets.
 

TARIEWE:
Kontak asseblief die oord vir hierdie inligting by bogenoemde nommer.

  Kom ervaar die hartlike bosveldatmosfeer by die Weesgerus Vakansieoord!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum