Jy is hier >   Oorde > Limpopo > Tibani Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Tibani Karavaanpark

 
 



View Tibani Karavaanpark in a larger map

TEL: 015 491 5609 of 082 822 4672
E-POS: tibani@mweb.co.za
URL: www.tibanilodge.co.za
GPS: S24 04.945 E29 04.028

Tibani Oord is ideal vir ‘n welverdiende wegbreek vakansie en is perfek vir die natuurliefhebber. Of jou behoefte net totaal en al vir ontspanning is, of vir vakansie pret, Tibani Oord sorg vir elke wens. Bring die kinders, oupa en ouma en kom geniet die lekker weer. Dit is elke naweek, braai naweek op Tibani.

 

HOE KOM JY DAAR:
Neem die R101 na Polokwane vanaf Mokopane. Net buite die dorp draai links op die Percy Fyfe pad. Ons is 12km verder aan die regterkant.

 Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons het 20 staanplekke elk met sy eie standaad kragpunt. Die helfte van die staanplekke het skaduwee en is met gras bedek in die somer maande. Ons ablusie is uiters netjies en word daagliks skoon gemaak.

 

AKTIWITEITE:
Die oord beskik oor die volgende fasaliteite: A-La-Carte restaurant, kroeg met DSTV en snoekertafel, winkel in kampterrein, varswater dam vir visvang, voëlkyk, staproete safaris, swembaddens, en Jacuzzi. Naby geleë aktiwiteite is die Arend Dieperink Museum, Gholfbaan, Percy Fyfe Natuurreservaat, die Makapans Grotte (‘n Wêreld Erfenis Gebied) en ‘n Wild Teëlplaas.

 

VIR KINDERS:
Waterglybane, minigholf en swembad.

 

TARIEWE:
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

 ONS NOOI JULLE VIR 'N RUSTIGE VAKANSIE!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum