Jy is hier >   Oorde > Limpopo > Thaba Monate Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Thaba Monante Karavaanpark

 

 



TEL: 014 736 2291
E-POS: thabam@ctec.co.za
URL: www.thabamonate.co.za
GPS: S24 48 36.3 E28 19 39.4

Die Thaba Monaté Bosveld vakansieoord is in die vroeë 1980's op die plaas Buisfontein begin.  Die familie-oord is in die Waterberge geleë en kyk uit oor die majestieuse Buiskop.  Die oord was die eerste van sy soort in hierdie area en is so suksesvol dat die karavaan- en kampeer-areas tans vergroot word.

Die area het 'n ryke geskiedenis en besoekers kan gerus die ou Italiaanse dam van nader beskou wat deur Italiaanse krygsgevangnes gebou is na hulle gevangene geneem is in 1942 deur Britse troepe en toe na Suid Afrika gestuur is.

Verskeie spesies groter wild soos Kudu, Zebra en Rooibokke is weer hier hervestig wat die bosveldondervinding verder onderskraag. Boven die onversteurde bosveld het jy van die beste uitsigte oor die Waterberge.

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Pretoria neem die N1 Platinum Tolpad en ry Noord in die rigting van Polokwane (Pietersburg). Ry verby die Carousel Casino wat aan jou linkerkant sal wees. Neem die "Bela-Bela - Settlers - Codrington" afrit en draai links in die rigting van Bela Bela (Warmbad). Sodra jy die dorp bereik draai jy regs by die eerste verkeerslig, in Potgieter Straat. Ry verby Klein Kariba (±5km) tot by die Thabo Monate bordjie aan die linkerkant.  Draai links en ry vir 1,6km op 'n sandpad tot by die hoofingang.

Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

KAMPERING:
Die karavaanpark beskik oor 74 karavaan en tent staanplekke.  Die staanplekke is almal gelyk en lieflik groot met groot bome om lafenis te bied vir die warm bosveldson. Elke staanplek het sy eie krag- en waterpunt en vullisblikke.

Aan die einde van die dag word die kampeerders uitgenooi na die 'Bush Pig' kuierarea waar daardie belangrike Super 14 wedstryd gekyk kan word of potbal gespeel kan word tot laat. Díe kuierplek het ook sy eie gelisensieërde restaurant waar ontbyt en a' la Carte disse deur die dag voorberei kan word.

VIR KINDERS:
Thaba Monata beskik oor 'n warm en koue swembad wat net die plek is vir kinders om hulle gate uit te geniet. Daar is ook minigolf (9 putjies), tennis- en muurbal-bane, vlugbal, buite skaak en 'n nuwe kinder speel area. Kinders word verder uitgenooi on hulle fietse te bring en die bosved op 'n ander manier te verken.  Vir die kleiner kinders is daar voëlhokke en 'n diereplaas.

Vir die meer avontuurlustiges het die park mooi staproetes.  Die ouens wie se voete nie meer wil luister nie kan die 4x4 roetes aanpak.  By die water is daar kanos en kan die vislyne natgemaak word.

TARIEWE:
Tariewe is op aanvraag beskikbaar.  Skakel gerus die karavaanpark by die kontakdetails wat bo-aan díe bladsy verskaf word.

  DIE BOSVELD WAG VIR JOU!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum