Jy is hier >   Oorde > Limpopo > Silver Rocks
Register   |  Teken aan

Silver Rocks

 
 



Aanskou Silver Rocks in 'n groter kaart

TEL: 014 001 7032
E-POS: silverrocks@belanet.co.za
URL: www.silverrocks.co.za
GPS: S24 45.754 E28 19.415

Hierdie nuut ontwikkelde karavaanpark is slegs 25km vanaf Bela-Bela (Warmbad) geleë en 130km vanaf Pretoria. Silver Rocks is op die oewer van die Nylrivier in die hartjie van ‘n 519ha wildsplaas. Beleef die rustige bosveld atmosfeer op sy beste. Die Bela-Bela streek is bekend vir sy matige temperatuur.

 

HOE KOM JY DAAR:
Ry in Warmbad in en draai regs in Potgieterstraat (R101) en ry in die rigting van Modimole. Omtrent 18km verder draai links in De Nyl Zyn Oogstraat en ry op die grondpad vir 3km. Silver Rocks Karavaanpark lê op regterkant.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons pragitge groen karavaan- en kampeer staanplekke is geleë onder koeltebome en het elkeen sy eie kragpunt, wateraansluiting en braaigeriewe. Baie netjies en moderne ablusie sowel as opwas en wassery beskikbaar.

 

AKTIWITEITE:
Stap een van ons talle wandel padtjies en geniet die wye reeks voëlspesies op ons plaas. Wat van ‘n lyn nat maak? Vang Baars in die Nylrivier (vang en loslaat). Speel gholf op die naby geleë 18 gat gholfbaan. Swem in een van ons heerlik verhitte swembaddens of geniet ‘n skemerkelkie langs die Nylrivier oewer. Besoek een van die tale wildreservate in die omgewing.

 

VIR KINDERS:
Vakansie programme, klimraam, trampoline en ook ‘n putt-putt baan.

 

TARIEWE:
 

Periode
Kampplek
Persone
Weeksdae
R75 per nag
2 persone
Naweke
R220 per nag
4 persone
In Seisoen
R375 per nag
4 persone
Ekstra
 
R25 Voorskool kinders
 
 
R50 Skoliere en volwassenes

 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM MAAK ONS JOU NUWE SPEELPLEK!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum